Kalahari Farmhouse Campsite
- Kapasiteit: 48 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kalahari Farmhouse Camping, Stampriet-streek, Kalahari, 0000, Hardap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R518 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Kalahari Farmhouse Campsite is ‘n luisteryke oase in die Kalahari. Dié lodge is in Stampriet se buitewyke en bied 8 kampeerplekke op ‘n grasperk met skaduryke palmbome wat ‘n idilliese atmosfeer skep.
Elke kamp het ‘n kragpunt, braaigeriewe en toegang tot ‘n ablusieblok en gemeenskaplike opwasarea. Daar is ook ‘n swembad en restaurant, 500 m van die kampterrein af. Gratis WiFi is in die openbare area beskikbaar.
Die ontvangs en restaurant is in ‘n herehuis wat uit die karakoelboerdery-jare dateer. Die plasie langsaan verskaf plaasprodukte aan die kombuis. Ontspan langs die swembad, verken die skilderagtige Gondwana Kalaharipark vol rooi duine, of pak ‘n oggend- of skemer-wildrit in die Kalahariwoestyn aan. Wildritte vertrek van ‘n nabygeleë lodge en daar is vervoer vanaf Kalahari Farmhouse. Gaste kan ook die selfonderhoudende sentrum besoek wat vars produkte aan verskeie lodges verskaf. Seisoenale groente word geplant, koeie word gemelk en ‘n verskeidenheid salami, wors en biltong word geproduseer.
Die lodge word tussen Windhoek en die suide bereik en is onderweg as gaste na die Kgalagadi Oorgrenspark in Suid-Afrika op pad is.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Restaurant op Perseel
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Stephanie Geverifieer
Eiendomme 42
Resensies 76
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Kalahari Farmhouse Camping, Stampriet-streek, Kalahari, 0000, Hardap
- Kapasiteit: 48 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kalahari Farmhouse Camping, Stampriet-streek, Kalahari, 0000, Hardap
- Alle ouderdomme is welkom