Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kaltenbach Cottages

  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Houtbosdorppad J24 A, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kaltenbach Cottages is in die sogenaamde 'Misty Mountain' van Magoebaskloof tussen Polokwane en Tzaneen, en sowat 500m vanaf die R71 op die Houtbosdorppad, geleë. Dit is naby gewilde trou-venues in Magoebaskloof en Haenertsburg. Verblyf is in twee kothuise, Takbok en Loerie, beskikbaar.

Die kothuise is op 'n heuwel geleë, en spog met besonderse uitsigte oor die Essenhout Woud, waarin die hoogste boom in Afrika, asook die hoogste aangeplante boom in die wêreld, gevind kan word.

Takbok-kothuis is geskik vir 4 gaste en het 2 slaapkamers met twee enkelbeddens elk. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die leefarea met sy oopplan-uitleg beskik oor 'n kombuis, eetarea en sitarea met 'n groot binnebraai. Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste en 'n skuifdeur wat na 'n houtdek met 'n asemrowende uitsig lei. Takbok-kothuis bied boeke, tydskrifte, bordspeletjies, en legkaarte vir vermaak.

Loerie-kothuis is 'n eenvertrek-eenheid. Dit bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die aparte badkamer. 'n Kompakte kombuisie is volledig toegerus met kook- en eetgerei, twee-plaat gasstofie, yskas en mikrogolf. Die twee-sitplek eetarea bied 'n pragtige uitsig oor die inheemse bos, en 'n outentieke stofie dien as kaggel gedurende die berg se koel aande.
Bo-op die eenheid is 'n braai-area met 'n panoramiese uitsig oor die omgewing. Die braai-area is ingesluit by die tarief.

Beide eenhede het nie TV nie, maar gratis WiFi word voorsien. Stap, forelhengel, asook 'n waterval met 'n swempoel is 'n paar van die aktiwiteite wat alle gaste op die plaas kan geniet. Kaltenbach se labradors sal gaste graag na die swempoel vergesel!

Die kothuise is ook sentraal naby voetslaan- en bergfietsroetes en die Haenertsburg Trout Association se damme en riviere geleë.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 34 resensies vir Kaltenbach Cottages
Netheid
4.7/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Gerda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Jaar gelys 2

Ligging

  • Houtbosdorppad J24 A, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Gaste dink Kaltenbach Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Houtbosdorppad J24 A, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4c933b9f4b22c26777f57722065a9b212060a0fbd1e59d390d562635d3f1df4b92f7c78c07593e15693385c64adb0cf27359?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 34 5 1 5 J24 A Houtbosdorp Pad Magoebaskloof 0730 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.868575933043 29.991439282894
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem