+62

Karoo Heart

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Molteno Street, Mid town, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Hierdie kothuis is pragtig gemeubileer en is in die bekoorlike Beaufort-Wes geleë. Die dorp is die grootste dorp in die Groot-Karoo en dit word dikwels die hart van die Karoo genoem.

Die kothuis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Daar is 2 enkelbeddens in die tweede kamer. Die derde kamer het 'n dubbelbed. Die aparte badkamer het 'n stort, aparte toilet en wasbak. Elke kamer het lugversorging en kamer 1 en 3 het eie TV. Alle kamers het ook klankdigte vensters wat meeste klank uithou. Twee ekstra matrasse is op versoek beskikbaar teen 'n ekstra koste.

Die leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof en oond, en oorgenoeg ingeboude kaste vir breekware en eetgerei. Die sitkamer het 2 slaapbanke, 'n kaggel, en 'n TV met alle DStv-kanale (Explora). WiFi is op versoek beskikbaar teen moontlike addisionele kostes.

Die eenheid het 'n tuin met braaigeriewe en 'n klimraam. Veilige parkeerplek word voorsien in 'n dubbelmotorhuis met outomatiese deure. Daar is ook voorsiening gemaak vir karavane om veilig op die perseel agter 'n hoë heining van lemmetjiesdraad met laserstraal-sekuriteit te parkeer.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 109 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Ruben R
Saam met vriende
5.0
Klein dorpie luuks verbluif. Klein dorpie luuks verbluif, gemaklik en waarde vir geld.
Nov 2025
Barbara L
Gesin met tieners
5.0
Clean, safe, very comfortable sleep. The service was very professional. The owners were very accommodating.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2025
Amanda E
Gesin met klein kinders
5.0
Honderd uit tien. Vreeslik baie beïndruk met alles en die plekkie is baie netjies en skoon met alles en nog meer wat mens nodig het. Sal enige tyd wee...
Sien meer
Okt 2025
Nicolene M
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Dit was fantasties, vreeslik skoon. Baie dankie. Beveel dit vir enigeen aan.
Okt 2025
Suzan S
Saam met vriende
5.0
Nice place to stay. Very comfortable. Will go again. Beautiful place.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ilse Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 109

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 10 Molteno Street, Mid town, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Karoo Heart het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 600
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 1 600
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Molteno Street, Mid town, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe4910261a477e9b379e49fc45058b517103613c9c413e18366ed632d9cf29e0b782f29249f0c07f9980504e6cdfa47c73fa3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6) 109 5 1 5 10 Molteno Street Mid town 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -32.343838433406 22.581138666719
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang