K&D's Plek
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Theron-straat 9, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
K&D's Plek bied lieflike selfsorgverblyf in die hartjie van Tulbagh. Dit is ideaal vir 'n gesin of vriende en die verblyf het ook 'n plonspoel.
Dié verblyf bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 'n hoofhuis en 'n aparte oopplan-ateljeewoonstel. Die hoofhuis beskik oor 3 en suite-slaapkamers en die ateljeewoonstel het 'n en suite-slaapkamer. Al die slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en vars, wit linne. Twee van die en suite-badkamers in die hoofhuis het 'n bad en stort. Die derde badkamer het 'n bad. Die ateljeewoonstel se badkamer het 'n stort. Bad- en swemhanddoeke word voorsien.
Die ruim leefarea in die hoofhuis het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die kombuis in die ateljeewoonstel is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf en yskassie toegerus. Daar is ook 'n sitarea met 'n TV. Die hoofhuis het 'n etenstafel met sitplek en 'n sitarea. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir gaste om met 'n skemerkelkie te ontspan. Daar is 'n plonspoel en veilige parkeerplek.
Slaapplek
’n Bespreking by K&D's Plek sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Theron-straat 9, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Theron-straat 9, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom