Keisie Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

William en Karin verwelkom jou by Keisie selfsorg-bergkothuise wat bekostigbare verblyf bied op 'n appelliefieplaas in die Keisievallei naby Montagu in die Wes-Kaap. Ons plaas is net onder die wêreldbekende trekkerritte op Protea Plaas geleë.

Keisie beteken Soetwater in San, en die Keisievallei is bekend vir die smaak en gehalte van sy vrugte en wyn. Die plaas self word Vredendal genoem. Ons verbou druiwe, kwepers en appelliefies, en in seisoentyd kan jy jou eie vrugte pluk of aanskou hoe die appelliefies geoes word.

Ons bied 2 bekoorlike kothuise langs mekaar. Elke kothuis is ouwêrelds en gerieflik gemeubileer om 'n gesellige atmosfeer te skep, met 'n tradisionele kaggel om daardie ysige Kaapse winternagte af te weer. Linne word voorsien, insluitend vere-duvets. Ons is voortdurend besig om ons geriewe te verbeter, en verskaf gerieflike en deftige verblyf teen uiters kompeterende tariewe in 'n pragtige deel van die wêreld! Die Keisievallei is die ideale toevlugsoord. Daar is geen selfoonontvangs nie en ook geen TV's in die kothuise nie. Elektrisiteit en die gewone basiese 'luukshede/noodsaaklikhede' maak dit plattelands, maar gerieflik.

Ons het 'n lieflike swembad met 'n houtdek en gazebo, en 'n roostuin waar gaste gerus kan rose pluk teen R6 per roos (maak eers seker by die bestuurder). Stap 'n bietjie in ons kruie- en groentetuin rond en pluk vir jou van ons gratis kruie vir jou slaai of potjiekos. Probeer ons tuisgemaakte konfyte. Ons bied 'n egte plaasbesoek naby genoeg aan Montagu om die warmbronne, avontuur, wynroetes en die dorp se wonderlike restaurante te geniet.

Daar is wonderlike bergfietsroetes met ongelooflike uitsigte en staproetes soos die rotspoelstaproete (baie moeilik) waar jy sekere tye van die jaar kan swem. Die berge rondom Montagu is uniek en het beroemdheid verwerf vir rotsklim-aktiwiteite. Jy kan saam met jou kinders op staptogte gaan, fietsry, of sommer net buite speel! Jy kan selfs vooraf reël om jou troeteldiere saam te bring.

Slaapplek

'n Bespreking by Keisie Cottages sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Ekstras

  •  Kroegyskas
  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Keisie Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za