Kelvin Cottage
6 gaste
2 slaapkamers
3 beds
3 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Soos Gesien op Facebook
- 14 Kelvin Street, Gardens, Cape Town, 8001, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Kelvin Cottage bied bekoorlike vakansieverblyf in 'n klein straatjie van gelyste erfenishuise. Hierdie gerestoureerde kothuis van 'n 100 jaar is in die hartjie van Kaapstad en is ideaal vir gaste wat in die Gardens-woonbuurt naby die lewendige Kloofstraat wil bly. Dit is 'n kort entjie se ry vanaf al die besienswaardighede en uitsigte wat die stad bied.
Dié kothuis het slaapplek vir 5 volwassenes en 1 kind en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n gastetoilet, kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n dubbelwasbak. Daar is lugversorging en verhitting regdeur die huis, insluitend die badkamers. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is op die onderste verdieping en is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolf, ketel, broodrooster, Nespresso-masjien, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Die kombuis se toonbank is die ideale ontbythoekie en daar is 'n klein etenstafel met stoele. Die sitarea met 'n Afro-styl het 'n dubbelslaapbank en 'n platskerm-TV.
Daar is hoëspoedvesel-internet regdeur die huis en die
stoep langs die agterkant van die huis het 'n braai-area en sitplek. Parkeerplek is voor die huis op straat beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 14 Kelvin Street, Gardens, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
14 Kelvin Street, Gardens, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Facebook
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang