Kerkplein Selfsorg
4 gaste
0 slaapkamers
3 beddens
1 badkamer
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 37 Main Street, Prieska, 8940, Noord-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Kerkplein Selfsorg is 'n knus selfsorgwoonstel met 'n privaat ingang in Prieska. Dit is ideaal vir 'n klein gesin of 'n sakereisiger wat op soek is na 'n gemaklike tuisbasis vanwaar hulle hierdie oulike dorpie kan verken en geniet.
Hierdie eenheid bied slaapplek vir tot 2 volwassenes en 2 kinders en bestaan uit 1 oopplan-slaaparea en 'n badkamer. Die slaaparea is gemeubileer met 2 enkelbeddens en 'n slaapbank vir 2 kinders. Die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, mikrogolfoond, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n etenstafel. 'n Wasmasjien is beskikbaar vir ekstra gerief. Vir die gaste se vermaak is daar 'n slim-TV. Toegang tot WiFi is beskikbaar.
Gaste kan 'n privaat patio met braaigeriewe en veilige parkering op die perseel geniet. Plaaslike geriewe soos winkels en restaurante is naby. Besienswaardighede in die omgewing sluit in die Koppie Natuurreservaat en die Oranjerivier.
Kamer-opset
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 37 Main Street, Prieska, 8940, Noord-Kaap
Toeganklikheid
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
37 Main Street, Prieska, 8940, Noord-Kaap
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang