Kaapse Wynlande Akkommodasie by Kierie Kwaak Self-Catering Units | LekkeSlaap
+22

Kierie Kwaak Self-Catering Units

  • Kapasiteit: 19 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pontrieux-plaas, Jonkershoek, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Kierie Kwaak Self-Catering Units is in die Jonkershoekvallei, sowat 3,5 km van Stellenbosch af. Die vallei word geraam deur pragtige berge waaruit die Eersterivier vloei.

Eenheid 1 is 'n eenslaapkamer-eenheid met 2 enkelbeddens, 'n badkamer met 'n stort en 'n kombuisie wat toegerus is. Eenheid 2 is 'n tweeslaapkamer-eenheid met 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer het 'n stapelbed in die tweede slaapakmer. Dit het ook 'n badkamer met 'n stort en 'n toegeruste kombuisie.

Die tweeslaapkamerwoonstel het 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Daar is ook 'n badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n gemaklike sitarea en 'n kombuis wat ten volle toegerus is.

Die Family Guesthouse bied slaapplek aan 9 gaste en beskik oor 5 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer 'n dubbelbed en 'n kot. Die derde en vierde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en die vyfde slaapkamer het 1 enkelbed. Die badkamers het elkeen 'n bad óf n stort. Daar is 'n kaggel in die eetarea en 'n etenstafel met sitplek vir 10. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en daar is 'n waskamer met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Veilige parkeerplek en 'n gemeenskaplike swembad is beskikbaar langs die Family Guesthouse.

Gaste kan die ontspanne atmosfeer en asemrowende uitsig geniet wanneer hulle in die plaasdam swem en kyk hoe verskeie voëls in die verte baljaar. Daar is ook staproetes in die berge. Die Jonkershoekvallei het verskeie wynkelders om te besoek, staproetes en voetslaanroetes in die natuurreservate en kunsvlieghengel is beskikbaar. Daar is heelwat plaaslike restaurante en markies in Stellenbosch.

Die eko-vriendelike swembad langs die huis is beskikbaar vir gaste van al die eenhede.

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 22 resensies vir Kierie Kwaak Self-Catering Units
Netheid
4.2/5
Diens
3.7/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.9/5

Ligging

  • Pontrieux-plaas, Jonkershoek, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kierie Kwaak Self-Catering Units het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapse Wynlande Wes-Kaap
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pontrieux-plaas, Jonkershoek, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFmN2UwMTk3LTRmNjQtNDA1Mi05OTNlLTQ3YmU0M2MwOGY0ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 2 persone) 22 5 1 5 Pontrieux Farm Jonkershoek 7600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.959448367429 18.914091736078
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za