LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Kimburu Bushcamp | LekkeSlaap
+34

Kimburu Bushcamp

  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 14:00
  • Adres: Mooiplaats 23, Langs die N11, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R500 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Kimburu Bushcamp is die ideale selfsorgverblyf vir diegene wat op soek is na 'n bosveldwegbreek wat nie te ver uit die dorp is nie. Kimburu is 25 km vanaf Middelburg op die N11, in die rigting van die befaamde Loskopdam Natuurreservaat.

Kimburu bied verskeie verblyf-opsies: gesinskamers, dubbelkamers vir paartjies en die boma-chalets wat ideaal is vir groter groepe. 'n Gemeenskaplike kombuis en ablusiegeriewe is beskikbaar. Die kombuis is toegerus met ys/vrieskas, gasstoof, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en kookgeriewe.

Die hele kamp kan eksklusief bespreek word wat ideaal is vir naweekwegbreke soos familiesaamtrekke, afskeidsfunksies, verjaarsdae, kinderpartytjies en reunies. Daar is slaapplek vir 26 gaste. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die boskamp het 'n swembad en gaste moet asseblief hulle eie swemhanddoeke saambring. Dagbesoekers is welkom.

Die plaas bied 'n rustige, ontspanne atmosfeer. Kinders is welkom om hulle eie fietse saam te bring. Kimburu het verskeie diere wat gewoonlik die kinders se aandag trek. Voëlkykers sal die voëllewe geniet en natuurliefhebbers kan rustig die wandelroetes volg.

Kom ontspan en geniet 'n lafenis om die kampvuur met die tarentale se geroep in die agtergrond. Laat die hoenderhaan jou wakker kraai (of nie!) Kom lê lekker laag en gee jou oor aan die rustigheid van 'n plaas.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 27 resensies vir Kimburu Bushcamp
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Mooiplaats 23, Langs die N11, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Gaste dink Kimburu Bushcamp het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Loskopvallei Mpumalanga
Vanaf R500
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R500
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 14:00
  • Adres: Mooiplaats 23, Langs die N11, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDczNTdhOTU1LWNlNWItNDllZi05Njc5LWY1YTczYWE5N2FhZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R500  per nag (vir 2 persone) 27 5 1 5 23 Mooiplaats Off the N11 1050 Mpumalanga 086 999 0018 13:00-20:00 14:00 -25.559333627828 29.47391420073
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!