Kinmel Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sneeubedekte winters, groen somers, helder bergstrome en vars lug is net 'n voorsmakie van al die dinge wat Kinmel Guest Farm bied.

Kom geniet die vrede, asemrowende natuurskoon en beeldskone uitsigte van die berg en die valleie. Dié stukkie paradys is aan die voet van die Naude's Nek-bergpas in die Suidelike Drankensberge geleë en is net 26 km van Tiffendell, 'n Suid-Afrikaanse ski-oord, af. Ons is ook net buite die historiese dorpie, Rhodes, geleë wat beteken dat gaste naby winkels, restaurante en ander doendinge is.

Kinmel Guest Farm bied volledig toegeruste, gerieflike akkommodasie soos jy dit nog nooit beleef het nie in 2 selfsorg-chalets. Elke chalet het 'n privaat braai-area met 'n uitsig, asook 'n kaggel. Die plaas bied 'n lekker vakansie-ervaring reg deur die jaar. In die somer kan gaste die watervalle bewonder wat teen die welige groen bergkranse afloop. Herfstyd is die berge met kleur bedek. In die wintertyd kan gaste oor die sneeubedekte Winterberge en die pikswart naghemel tuur.

Geniet talle doendinge op die plaas en in die omringende berge soos voetslaan, rivierswem, kunsvlieghengel, voëlkyk, bergfietsry, speel in die rotspoele en ski by Tiffindell. Andersins kan jy net die natuurskoon van die omliggende bergpasse inneem, 'n luilekker piekniek onder die wilgerbome langs die rivier geniet of bloot jou skoene uitskop en die vrede en fantastiese uitsigte wat die suidelike Drakensberge bied inneem.

Kinmel het 'n privaat strook langs die Bellrivier waar gaste onverstoord kan visvang en wilde reënboogforel en geelvis is volop in die rivier, wat dit 'n kunsvlieghengelaar se paradys maak. Die gebied spog met verskeie damme, meer as 200 km rivier en kristalhelder water waarin jy jou kunsvliegie kan gooi.

Ons is ook 'n werkende plaas waar gaste en veral kinders genooi word om die plaasdiere te leer ken. Ons ondersteun eko-toerisme wat beteken dat ons ag slaan op omgewingsbewaring en sodoende help om die welstand van plaaslike inwoners te bevorder.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart

Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kinmel Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za