Klaserie River Safari Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Klaserie River Safari Lodge is in Hoedspruit aan die ongerepte Klaserierivier se oewers geleë. Die lodge kombineer die ongerepte natuurskoon van die Afrika-bosveld en die rustige atmosfeer van die woud en die rivier. Klaserie River Safari Lodge is 'n tuiste vir 'n verskeidenheid wild en bied 'n ontspanne bosveldwegbreek.

Langs die Klaserierivier is 11 grasdak-chalets, net 'n klipgooi van die visse en seekoeie af. Elke chalet het 'n en suite-badkamer en geriewe wat lugversorging of 'n waaier insluit, asook 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. 2 van die chalets word met 'n skakeldeur verbind en is dus ideaal vir 'n gesin met kinders. Elke chalet het 'n onderdak-houtdek met 'n tafel en stoele vanwaar gaste die voëllewe kan dophou.

Die lodge se gemeenskaplike area is ten volle toegerus met moderne geriewe en is stapafstand vanaf die chalets. Die lodge het WiFi en daar is 'n swembad. 'n Kampvuur word saans in die boma aangesteek en gaste kan rondom die vuur kuier. Daar is ook 'n kroeg naby die boma waar gaste 'n drankie onder die Afrika-sterrehemel kan geniet.

Doendinge sluit wandelinge in die wildernis en wildritte in 'n oop voertuig in, waartydens jy moontlik die Groot 5 sal gewaar. Jy kan ook wildbewaringsprojekte en volhoubare inisiatiewe in die streek ondersteun. Gaste kan op 'n bootrit op die Blyderivier gaan om die natuurskoon van een van die belangrikste wildernisbiosfere in die wêreld te verken.

Wanneer jy by Klaserie River Safari Lodge bespreek is daar kombinasie-pakkette om van te kies wat verskeie doendinge insluit.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Klaserie River Safari Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 774 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za