Polokwane Akkommodasie by Klein Paradys Lodge-Polokwane | LekkeSlaap
+107

Klein Paradys Lodge-Polokwane

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 21 resensies vir Klein Paradys Lodge-Polokwane
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5
Koos M - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Koos M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Netjies, grondpad sleg maar gangbaar.

Winter droog wat stof veroorsaak verder skoon en netjies.

Jacobus A V - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Jacobus A V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitstekende, vriendelike diens.

Baie vriendelike diens en baie netjiese kamers. Was vriendelik gegroet toe ons daar gestop het en die kamers was silwer skoon. Baie stil en aangename plekkie vir verblyf. Sal weer daar gaan bly.

Elanna B - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Elanna B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Stil en rustig.

Ons het ons kort verblyf terdeë geniet. Ons was omring deur die stilte en prag van die omgewing. Die huisie was baie skoon, netjies en beskik oor alles wat jy nodig het. Ons het die meeste gehou van al die hasies wat ons vereer het met hulle teenwoordigheid - net jammer hulle wou nie toelaat dat ons aan hulle vat nie. Ek sal net voorstel dat 'n groter, meer sigbare naambord teen die hoofpad opgesit word, die naambord is klein en nie duidelik sigbaar nie, veral as jy in die aand na die afdraai soek.

Hettie M - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hettie M

Veilig, bekostigbaar en skoon.

Ek en my seun het so lekker hier gebly, die tuine is mooi en netjies, die houthuisies is gemaklik skoon en baie veilig. Ons het heerlik gebraai voor ons blyplek, baie privaat en niemand wat jou pla of 'n geraas maak nie. Alles presies soos dit geadverteer word. Goeie, skoon en bekostigbare akkommodasie buite die dorp in die bos, heerlik! Ek het gemaklik vroegoggend met my PJ's buite gesit en koffie drink en die natuurskoon geniet. Dit was 'n warm naweek maar die groot staaldakwaaier in die huisie maak 'n groot verskil. Jannie die eienaar is baie vriendelik en behulpsaam. Dankie, ons sien julle beslis weer vir 'n luilekker naweek in Limpopo.

Casper D - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Casper D
Besigheidsreis

Rustige, veilige en skoon verblyf. Ietsie anders, maar lekker.

Geen probleme met verblyf gehad nie. Dit was net 'n oornag en voldoende vir wat ek benodig het. 'n Stoel by die lessenaar sal handig wees volgende keer.

Liezel L - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Liezel L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vriendelike ontvangs, netjies en pragtige huisie.

Ons sal weer daar aangaan, dankie!

Janet V - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Janet V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties.

Diens en hulpvaardigheid was fantasties. Almal baie vriendelik. Almal gaan uit hul pad uit om jou welkom te laat voel. Baie dankie julle. Sal weer van jul gebruik maak.

Elsie D - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Elsie D
Besigheidsreis

Baie gelukkig.

Ons was baie gelukkig en sal weer julle gebruik.

Rudi R - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
1/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Rudi R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Nie aan te beveel.

Swak aanwysingsborde en nog swakker stuk grondpad.

Klein Paradys Lodge-Polokwane's terugvoer

Baie dankie vir jou terugvoer. Die goeie nuus is dat ons grondpad geskraap is net twee weke nadat jy by ons oornag het. Die grondpad is vir meeste van ons gaste nie n probleem nie omdat dit net 800 m se grondpad is. Rondom die aanwysingsborde. Daar is 2 borde van albei kante af en meeste van ons gaste het geen probleem om dit te kry nie, maar as 'n mens in die nag arriveer kan dit moontlik n uitdaging wees.

Vriendelike groete.

Klein Paradys Lodge-Polokwane
Jodine W - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jodine W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gemaklik en privaat.

Baie dankie vir die lekker gemaklike en privaat eenheid. Was perfek vir die geleentheid.

Rene V - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rene V
Besigheidsreis

Uniek en baie gemaklik.

Ek is altyd op soek na iets anders en Klein Paradys het dit beslis gebied.

Sonja M - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sonja M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie rustig en vriendelike personeel.

Baie skoon en netjies. Rustige verblyf gehad en baie vriendelike personeel.

Hercules E - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hercules E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Bekostigbaar en privaat.

Baie goeie ontvangs, flinke diens. Netjiese, skoon kamer met alles wat nodig is vir 'n rustige nagrus. Vir seker aan te bevole.

Susan F - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Susan F

'n Lieflike oase waar 'n mens na aan jou Skepper voel!

Ons is mal oor die natuurlike plantegroei rondom die 'cabins', die eenvoud van alles het ons bekoor! Mag die julle klein paradys ryklik geseën word!

Jakkie L - Jun 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Jakkie L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik gebly in rustige omgewing.

Lekker plekkie om te bly naby Pietersburg. Vriendelik ontvang en alles was skoon en in plek.

Clera E - Apr 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Clera E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was wonderlik.

Dit was stil en rustig, sal beslis aan familie en vriende aanbeveel, baie dankie vir julle gasvryheid.

Pieter S - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pieter S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pragtige plekkie en interessant.

Dit was 'n vinnige een-nag slaap maar heerlik rustig en plek is pragtig en interessante dekor.

Wessel D - Des 2016
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Wessel D
Gesin met tieners

Gerieflik.

Hoewel nie luuks nie was alles skoon, netjies, met baie vriendelike diens.

Anel P - Nov 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anel P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie knus en oulik!

Baie oulike plekkie. Nuwe eenhede met aparte badkamer sal definitief 'n verbetering wees, maar was nie 'n probleem nie. Baie beïndruk deur eienaar se kliëntediens.

Cindy T - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cindy T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Besonders wonderlik.

Die man wat ons ontvang het was baie vriendelik en behulpsaam met aanwysing en oorhandiging van die sleutel. Die plekkie was so bietjie moeilik om te kry aangesien daar nie 'n bord by die afdraai van die grondpad was nie, maar die geselligheid maak op daarvoor. Pragtige plek, lekker plaasgevoel met die bokkies en varkie en hasie en pragtige blommetuin. Die kamer self was net wat 'n mens nodig het. Dis regtig 'n plek wat ek weer en weer na toe sal teruggaan. Definitief sien julle ons weer. Ons het 'n huis weg van die huis af gevind.

Adre S - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Adre S

Rustig en stil.

Goeie wegbreek van stadslewe! Vriendelike ontvangs en voel soos plaas! Beleef die rustigheid en stilte van die natuur.

Vanaf R580
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R580
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R580
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 21, Palmietfontein, Polokwane, 0699, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI5ODBlZjczLTdjYWEtNDcyYy04NjVlLTBkZjFhNGJkN2ZiNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R580  per nag (vir 2 persone) 21 5 1 5 Plot 21 Palmietfontein 0699 Limpopo 086 999 0018 15:00-22:00 10:00 -23.975430377038 29.465054925531
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za