Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klipkopje Guest Cottage

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brightside-landgoed 21, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Klipkopje Guest Cottage is 8 km vanaf Witrivier en 40 km vanaf die wêreldbekende Krugerwildtuin. Dit is sowat 4 ure se ry vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe, Johannesburg en Pretoria en net 20 minute vanaf die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe. Dit is ook naby Uplands College, Penryn College, Rob Ferreira Hoërskool en Witrivier Laerskool.
 
Die eksklusiewe selfsorgkothuis is 'n enkeleenheid en bied slaapplek aan maksimum 6 gaste. Dit het 'n privaat tuin met groot bome en 'n lieflike uitsig oor die dam, berge en plantasies. Dit bied aan gaste 'n rustige wegbreek op 'n veilige Aero & Eco-landgoed in 'n pragtige omgewing.
 
Die kothuis het 3 slaapkamers. Die boonste verdieping se ruim en suite-slaapkamer het 'n dubbelbed, pootjiesbad, stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n bababed beskikbaar. Die tweede en derde slaapkamer is op die grondvloer het onderskeidelik 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die gedeelde badkamer op die grondvloer het 'n stort, wasbak en toilet. 

Die kothuis is baie privaat en het sy eie ingang. Die leefkamer beskik oor 'n sitarea en 'n eetarea met 'n gesellige kaggel. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n gasstoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en al die nodige breekware en eetgerei.

Die groot onderdakstoep het 'n ingeboude braai en stoepmeubels vir gaste. Ander geriewe sluit in 'n swembad, speelterrein vir kinders en 'n pophuis. Die landgoed se eie dam beslaan 1,5 hektaar. Gaste wat wil lyn natmaak mag by hierdie dam visvang op 'n vang-en-vrylaat-basis.

Volledige DStv, gratis WiFi en haardroërs is beskikbaar. Die gastehuis word daagliks skoongemaak en nagegaan behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Gratis, veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Daar is ook 'n privaat grasaanloopbaan op die landgoed indien gaste wil invlieg.
 
Klipkopje Guest Cottage is naby uitstekende restaurante, winkelsentrums, spa’s, kunsgalerye en verskeie gholfbane. Dis die ideale basis vir dagbesoeke aan die Krugerwildtuin, Sudwala-grotte en die Panoramaroete. Dié roete sluit die Blyderivierspoort, God’s Window, Laeveldse watervalle en die Bourke’s Luck-kolkgate in. Die historiese dorpe, Pelgrimsrus en Kaapsche Hoop, is naby.

Die nuutste toevoeging tot die Laeveld is die Graskop Gorge Lift. Hierdie glashysbak daal 51 meter na 'n inheemse woud met 'n 600 m-wandelpad, 'n hangbrug en verskeie ander besienswaardighede.

Slaapplek

’n Bespreking by Klipkopje Guest Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier
  • Kaggel

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 69 resensies vir Klipkopje Guest Cottage
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Brightside-landgoed 21, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Gaste dink Klipkopje Guest Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Brightside-landgoed 21, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkxYTY2ODM3LTIzNjUtNDQ4My1hOWFmLWJlYTk3ZDY4MjdhZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6) 69 5 1 5 21 Brightside Estate White River 1240 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.230165507336 31.016879975796