Klipkraal Gasteplaas

Voeg by Gunstelinge

 

Blits-aanbod! 30 % af

Kry 30% af vir verblyf voor 1 Julie 2019

TYD OOR OM TE BESPREEK

Dae

Ure

Min

Sek

Beskrywing

Klipkraal is 'n gasteplaas, 38 km suid van Heidelberg en 9 km vanaf Vaal Marina. Die gasteplaas is die ideale bestemming vir gaste wat van die stadsgeraas wil wegbreek. Die plaas skuil tussen die heuwels van die Suikerbosrand.

Verblyf word in 3 selfsorgeenhede aangebied. Die eenhede is sowat 1,5 km van mekaar af geleë.

Kiepersol is 'n klipkothuis onder Kiepersolbome tussen die koppies van die Suikerbosrand en is ideaal vir 'n klein gesin. Taaibos is net met 'n 4x4-voertuig of 'n bakkie bereikbaar. Blinkblaar is 'n afgeleë huis met pragtige uitsigte op die Suikerbosrandheuwels en -grasvelde.

Al 3 eenhede het vere-duvets, kaggels en braaigeriewe, maar geen elektrisiteit nie. Die eenhede maak van sonkrag en gas gebruik.

Die plaas het 17 verskillende wildspesies en sluit swartwildebeeste, springbokke, sebras, blesbokke, jakkalse, duikers, steenbokke en rooiribbokke in. Ander doendinge op die plaas sluit wildkyk, voetslaan, voëlkyk, swem in die dam en fietsry in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Klipkraal Gasteplaas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R790 R553 per nag (plek vir 4)

Kry 30% af vir verblyf voor 1 Julie 2019

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za