Klondyke Cherry Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 22 Jan 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

Klondyke Farm is 'n werkende vrugteplaas met appels, pere en kersies. Die plaas se ligging van 1200 meter bo seespieël sorg vir koel somers en fris winters. Elke kothuis is toegerus met 'n lieflike kaggel om gaste warm en snoesig te hou.

Die plaas bied 3 gerieflike selfsorgkothuise en 8 kampeerplekke met kragpunte. Al 3 kothuise is volledig toegerus vir selfsorg, maar daar is nie 'n TV nie. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Elke kombuis het 'n stoof, yskas, mikrogolfoond, ketel en broodrooster. Daar is ekstra verwarmers in al die kamers en elektriese komberse op die beddens. Elke kothuis het 'n kaggel binne en 'n braaiplek buite en vuurmaakhout en vuuraanstekers word voorsien. Die vuurmaakhout beloop R25 per sak en moet betaal word aan die eerlikheidshouer.

Klondyke Farm het ook 'n kampeerterrein vir tente of kampeerwaens. Selfoonontvangs by die kothuise is nie baie goed nie, maar daar is wel sein by die oprit na die kantoor.

Ceres is 'n pragtige dorpie met verskeie doendinge in die area. Indien gaste die natuur wil verken, kan hulle 'n bergroete by Matroosberg aandrurf en die rotspoele verken. Die Christie Prins-staproete is ook naby Prins Alfred Hamlet geleë. Ceres Zipline, die langste zipline in die Wes-Kaap is perfek vir adrenalienvrate, so ook die bergfietsroetes by Eselfontein Plaas en die 4x4 en vierwielmotorfietse by Matroosberg Reservaat.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Klondyke Cherry Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 R500 per nag (plek vir 2)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 22 Jan 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]