Knopberg

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Knopberg is 'n rustige gasteplasie wat in die voue van die Vredefort Koepel Bergland geleë is. Gaste kan selfsorgverblyf en unieke uitsigte oor die Vaalriviervallei, asook luisterryke sonsondergange geniet. Daar is ook 'n groot verskeidenheid inheemse bome en voëls. Knopberg grens aan die Vaalrivier en is naby aan die historiese dorpie Venterskroon waar goud gemyn is tot aan die einde van die 19de eeu.

Die hoofgebou, The Shepherds Tree Family Unit, bestaan uit 4 dubbelkamers met deure wat na buite lei, 'n goed toegeruste kombuis en 'n ruim leefarea met 'n kaggel en groot vensters wat die natuur binnetoe nooi. Die Lemon Blossom Farmhouse, die oorspronklike plaashuis, is gerestoureer om so na as moontlik aan die oorspronklike opstal te lyk en het 3 dubbelkamers, 2 badkamers en 'n kombuisie wat skakel met 'n klein leefarea wat lei na 'n stoep met 'n asemrowende berguitsig. Die Honey Bush Cottage is 'n knus kothuis met slaapplek vir 2. Daar is 'n romantiese badkamer en 'n opelug stort. Elke eenheid het 'n aparte braai-area.

Die oorspronklike plaasdam is omskep in 'n swembad.

'n 2 km Boomwandelpad bied verskeie vistas en al die inheemse bome word aangedui. Nog 'n unieke eienskap van Knopberg is die wandelpad met beskutte areas tussen die inheemse bome waar gaste kan mediteer of bid.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Knopberg gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za