St Michael's-on-Sea Akkommodasie by Knoxgore Garden Cottage | LekkeSlaap
+27

Knoxgore Garden Cottage

Op die Nippertjie-aanbod 15% af

Kry 15% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Erfdeel 2041, Knoxgore-weg 35, St Michaels on Sea, 4276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R250 R213 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Knoxgore Garden Cottage is in St Michaels on Sea, 'n kusdorpie aan die Suidkus tussen Margate en Port Shepstone geleë. Dié knus tuinkothuis is in 'n veilige area en bied die ideale wegbreek vir 'n gesin. Dis ook privaat en ver van die ander eenhede.

Die kothuis is ten volle toegerus en het slaapplek vir 4 gaste. Linne word voorsien. Die eenheid het 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 2 enkelslaapbanke in die leefarea. Die sitkamer het 'n deur vir privaatheid. Die kothuis het 'n badkamer met 'n stort en 'n eetarea. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, oond en stoof toegerus. Daar is 'n TV met OpenView-kanale en 'n DVD-speler. Die privaat kothuis het 'n enkelparkeerplek en 'n privaat braai-area.

St Michaels on Sea is baie gewild onder branderplankryers. Watersporte soos seilplankry, jet-ski en bootvaar is ook gewild. Daar is ook verskeie plekke om te gaan visvang en ongelooflike getypoele. Gaste kan ook die verskillende visspesies en koraalriwwe verken terwyl hulle skubaduik of snorkel. Probeer gerus om 'n onderwaterkamera saam te neem aangesien die water so helder is dat jy mooi haaie, pylsterte, jellievisse en wilde visse sal sien.

Slaapplek

’n Bespreking by Knoxgore Garden Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelslaapbank
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 54 resensies vir Knoxgore Garden Cottage
Netheid
4.6/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Erfdeel 2041, Knoxgore-weg 35, St Michaels on Sea, 4276, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Knoxgore Garden Cottage het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R250
Vanaf R213
per nag (plek vir 4)
was R250
Vanaf R213
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Erfdeel 2041, Knoxgore-weg 35, St Michaels on Sea, 4276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXrfYWomf8hIkN7d5ebpaT4Qk75sBWFkAxK8hUMnwwozhVDH1rO?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R250, nou Vanaf R213  per nag (plek vir 4) 54 5 1 5 Lot 2041 #35 Knoxgore Road 4276 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 09:00 -30.815579332591 30.397475911709
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za