Kolskoot Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kolskoot Gastehuis is 'n selfsorg-huisie wat op die plaas De Panne geleë is. De Panne is 'n tipiese werkende plaas in die Swartland. Gaste kan die pragtige waterpanne met vele watervoëls besigtig en selfs voëljagte in die wintermaande aanpak. De Panne is ook die huis van die veelbekroonde De Panne Angus-stoet.

Kolskoot Gastehuis is baie sentraal geleë en 'n klipgooi weg van alles wat interessant is: Kaapstad, Moorreesburg, Hopefield, Darling en Malmesbury as sy buurdorpe. Uitstappies na die Cederberge, Weskus-area, Langebaan Nasionale Park, die pragtige wyn- en olyfplase van Riebeek Kasteel, ons eie Evita se Perron op Darling en ook Misverstand Dam is almal binne jou bereik.

Hierdie lekker gesellige huis beskik oor 'n lieflike (onderdak) braai-area wat uitkyk oor 'n pragtige koringland en waterpanne. Braaihout word voorsien en die huis het lugversorging, DStv en 'n ten volle toegeruste kombuis.

Slaapplek

'n Bespreking by Kolskoot Gastehuis sluit in:

4 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Dubbelbed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kolskoot Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 480 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za