Komma Nader Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Komma Nader Guesthouse is net 10 km buite Thabazimbi geleë en bied gerieflike akkommodasie in die hartjie van die Bosveld waar gaste hul kan verlustig in die rustige atmosfeer.

Nadat die kinders uit die huis uit getrek het, is dit in gastekamers omskep. Daar is besluit dat nie al die eenhede op die plaas eenders moet lyk nie en eerder uniek moet wees, en daarom het die eienaars 'n huis in 'n Weskus-styl en 6 hutte gebou. Gaste kan rondom die kampvuur in die middel van die hutte kuier. Daar is ook slaapplek in 'n treinwa wat ideaal is vir gesinne en kontrakteurs. Die treinwa het sy eie toiletgeriewe, 'n kombuis en braaigeriewe. Daar is ook 2 gemeenskaplike kombuise buite. Komma Nader bied geriewe vir troues, konferensies en funksies.

Gaste kan die groot verskeidenheid diere op die plaas ontmoet en die organiese groentetuin besoek. Daar is verskeie doendinge en besienswaardighede vir gaste, soos staproetes, 'n voëlpark, 'n kinderspeelarea, 'n pooltafel, 'n tafeltennistafel en veerpyltjiebord. Gaste kan ook van die swembad gebruik maak en wildritte in Marakele Nasionale Park naby die gastehuis geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Komma Nader Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R640 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za