+53
  • Slaapplek vir 12 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Bokkom Street, Elands Bay, 8110, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Kon-Tiki bied gerieflike verblyf in 2 privaat eenhede in Elandsbaai, 'n pragtige kusdorpie wat vir branderplankry, voëlkyk, voetslaan, bergfietsry en rotsklim bekend is.

Die huis en die kothuis is net 'n entjie se stap vanaf die strand wat vir branderplankry bekend is. By Kon-Tiki kan gaste op die hangmat ontspan of joga op die balkon oefen terwyl hulle die uitsig oor die see en op die berge bewonder.

Kon-Tiki Huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die 2 slaapkamers op die onderste verdieping het elkeen 'n koningingrootte-bed en die oopplan-slaapkamer op die boonste verdieping het 'n stapelbed en 2 enkelbeddens. Die badkamer op die boonste verdieping het 'n stort en die hoofbadkamer op die grondverdieping het 'n stort en 'n bad. Die kombuis is met 'n oond, stoof, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die oopplan-leefarea lei na die stoep waar daar sitplek, braaigeriewe en 'n uitsig op die berg is.

Kon-Tiki Kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, stoof, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die oopplan-leefarea lei na die stoep waar daar sitplek, braaigeriewe en 'n berguitsig is

Die huis en die kothuis het elkeen 'n buitestort en rakke vir branderplanke, so dit is ideaal vir branderplankryers. WiFi en veilige parkeerplek op die perseel is ook beskikbaar. Alhoewel elke eenheid apart bespreek word en sy eie privaat ingang het, word die oprit gedeel.

Geen troeteldiere word toegelaat nie.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Shuaib G
Gesin met klein kinders
5.0
Lovely weekend away at a beautiful home. We thoroughly enjoyed our stay at Kontiki. Our group included 2 babies and 3 toddlers and they...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2026
Annelie P
Saam met lewensmaat
5.0
Was rustig, het baie lekker geslaap. Dit is 'n baie mooi plek. Al wat baie sleg was, is die drein by die stort is geblok. Water loop in die badkamer. ...
Sien meer
Apr 2026
Bennie B
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik. Gemaklik. Vriendelik. Lieflike verblyf. Goed uitgerus. Vriendelike gasheer.
Jan 2026
Taahir H
Gesin met klein kinders
5.0
Amazing stay. Extremely clean. Great amenities. Superb support.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2025
Cindy D
Gesin met tieners
4.0
A treat! We really enjoyed our stay. The hot tub was a treat. We forgot our coffee and sugar at home. A few starter bags/sachets would ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Kristina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Bokkom Street, Elands Bay, 8110, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kon-Tiki het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 200
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 200
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Bokkom Street, Elands Bay, 8110, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 12 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Soos Gesien op Facebook
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5f43668b9450236a54540369dd8dd500b58d5eb680cd9b4e7c16999d73b3c9364db1438a25b650301359449937bc78d71935?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 4) 10 5 1 5 Bokkom Street Elands Bay 8110 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -32.3180818601 18.327464312636
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang