Korentepoort Dam

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Korentepoort Dam is 16 km van Riversdal aan die voet van die Langeberge geleë. Riversdal is tussen Swellendam en Mosselbaai op die N2 Tuinroete, en is 40 km van Stilbaai af.

Verblyf word gebied in 7 chalets en 'n ou skoolgebou genaam die Skooltjie wat 'n pragtige uitsig oor die dam het. Elke chalet het ’n sitarea, kombuis, badkamer en 2 slaapkamers wat klerekaste het. Die kombuise is volledig toegerus met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas, ketel, broodrooster en kombuistoebehore. Linne en handdoeke word nie voorsien nie, maar wel paslakens en kussings. Die Skooltjie het nie elektrisiteit nie en is nie toegerus met kooktoebehore of beddegoed nie.

Hier kan gaste watersporte soos forelhengel en motorbootski op die dam beoefen. Vir gaste wat aktiwiteite op land verkies, is die Slapende Skoonheid-voetslaanroete en fietsry deur die woud twee heerlike alternatiewe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Korentepoort Dam gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R480 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za