Kosh B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kosh B&B is 'n gastehuis wat onlangs gevestig is in die bekoorlike myndorpie Klerksdorp in Noordwes. Klerksdorp het 'n hele rits besienswaardighede, insluitend die Faan Meintjies Natuurreservaat, die Klerksdorp Museum en die Klerksdorp Gholfbaan. Dit is ook 'n gewilde rusplek vir talle reisigers wat op pad is na Kimberley en Kaapstad.

Die gastehuis beskik oor 3 kamers en die hele gastehuis het slaapplek vir tot 6 gaste. Elke kamer beskik oor 'n badkamer met 'n stort en toilet, 'n kombuisie met 'n yskassie en mikrogolfoond, DStv en WiFi-toegang. Daar is ook gratis koffie- en teemaakgeriewe in al die kamers. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kosh B&B is in die stil en rustige woonbuurt Neserhof geleë, wat binne stapafstand vanaf die Klerksdorp Hospitaal, Klerksdorp Gholfbaan, Regeringsdepartemente en omtrent 2 km van die middedorp af is. Die meeste van die restaurante in die area is ook hier geleë en die B&B is naby die N12-hoofweg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kosh B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]