Ku-Boboyi River Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ku-Boboyi River Lodge is in Leisure Bay aan die Suidkus met sy lieflike Blouvlagstrande geleë. Die area bied oorgenoeg doendinge en toere vir waaghalse en avonturiers. Ku-Boboyi River Lodge skuil bo-op 'n pragtige heuwel met 'n uitsig oor die rivier en asemrowende panoramiese uitsigte oor die see.

Ku-Boboyi River Lodge bied gerieflike, smaakvol versierde verblyf met 'n Afrika-tema en is omring deur 'n tropiese paradys. Verblyf is beskikbaar in dubbel- of gesinskamers met privaat of skoon, gedeelde badkamers.

Die lodge het 'n volledig toegeruste gedeelde kombuis, en maaltye en Kontinentale ontbyt is beskikbaar by ons luukse restaurant. Die lodge bied ook internettoegang en wasgoedgeriewe, en gaste kan langs die swembad ontspan. 'n Pendeldiens is beskikbaar indien vooraf gereël en ons kan ook help om toere te bespreek.

Gaste kan op die koel veranda sit en walvisse en dolfyne in die verte dophou. Daar is ook verskeie voëlsoorte en wilde diertjies in die omgewing. Gaste kan staproetes aanpak in die Umtamvuna Natuurreservaat wat spog met 330 houtagtige plantsoorte en 80 bosagtige plante.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits
  •  Switsers
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Internet

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ku-Boboyi River Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za