Kwê Kwê Private Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kwê Kwê Private Game Lodge is op 'n 135 ha-wildsplaas geleë. Dis sowat 200 km noordoos van Johannesburg.

Akkommodasie beskik oor 2 selfsorg-lodges, sowat 300 m - 800 m van mekaar af. Dit verseker privaatheid. Elke lodge is anders en het sy eie atmosfeer. Ndebele is 'n lodge wat slaapplek bied vir 11 gaste en daar is 'n kamer wat rolstoelvriendelik is. Tata Sombra is 'n lodge wat slaapplek bied vir 8 gaste. Albei lodges is gerieflik gemeubileer en volledig ingerig. Al die slaapkamers het en suite-badkamers en elke lodge het sy eie swembad.

Daar is verskeie doendinge om te ervaar en geniet by Kwê Kwê Private Game Lodge, soos voetslaan, bergfietsry, wildkyk, voëlkyk, sterrekyk en skemerkelkies na jou ontspannende wandeling tussen die wild. Die wild sluit kameelperde, wildebeeste, sebras, koedoes, impalas en waterbokke in.

Daar is MTN- en Vodacom-opvangs en internet is op versoek beskikbaar in die bestuurder se kantoor.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wildritte

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kwê Kwê Private Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za