Kwa Madwala Private Game Reserve - Manyatta Rock Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kwa Madwale Private Game Reserve is geleë naby die suidelike rant van die Krugerwildtuin met die Malelane-hek slegs 30 km vanaf die lodge. Kwa Madwala is baie naby aan die grense van Swaziland en Mosambiek.

Manyatta Rock Kamp is een van die kampe in die reservaat, die kamp se akkommodasie is baie uniek en kombineer uiters kreatiewe argitektuur met 'n eenvoudige, verhewe rotsomgewing. Ons unieke koepelvormige slaapkamers lyk soos groot rotse en lê versprei in die omgewing met pragtige uitsigte oor die bosveld van die eenhede se privaat houtdekke af. Manyatta is vernuftig ontwerp om saam te smelt met die natuurlike omgewing en elke kamer het 'n houtdek waar gaste kan ontspan en die helder oggende en lui middae met 'n uitsig oor die Afrikabosveld kan geniet. Die buitestort en stoele maak die dekke uiters gewild onder ons gaste.

Die kamp is toegerus met subtiele beligting en daar is voetpaadjies tussen die kamers, swembad, boma, eetdek, kroeg, dag Spa en uitsigsitkamer.. Al 27 kamers is gerieflik, dog smaakvol gemeubileer met tikkies Afrika. Eenvoud in die bosveld! Die slaapkamers het lugversorging en 2 enkelbeddens wat teenmekaargeskuif kan word om 'n koningingrootte bed te vorm. Verder is daar yskasies (met drankies uit die kroeg op versoek) en en-suite badkamers met dubbelwasbakeenhede en baddens.

Ses van die eenhede het aparte leefkamers met rusbankbeddens. Hierdie eenhede is uiters geskik vir gesinne met kinders. Die maksimum hoeveelheid gaste in hierdie eenhede is 3 volwassenes of 2 volwassenes met 2 kinders onder die ouderdom van 12 jaar.

Aktiwiteite op die perseel:

Vroegoggend- en laatmiddagwildritte in 4x4 wildkykvoertuie
Nagwildritte in 4x4 voertuie
Stapsafari's
Olifantontmoetings en Olifantry Safari's
Mikrovliegtuigsafari's - geen kinders onder 6 nie

Ook beskikbaar:

Half- of voldag wildritte in oop 4x4 voertuie in die Kruger Wildtuin

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart

Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kwa Madwala Private Game Reserve - Manyatta Rock Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za