Kyalami Creek Luxury Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kyalami Creek Luxury Apartments is in die hartjie van Midrand geleë en bied moderne selfsorg-gastekamers wat slaapplek aan 2 tot 4 gaste bied.

Elke eenheid het ’n kombuis wat toegerus is met ’n stoof en oond, mikrogolfoond, yskas en wasmasjien. Daar is ’n etenstafel en die sitarea het ’n TV met DStv of ’n kabel. ’n Elektroniese skootrekenaarkluis en WiFi is beskikbaar en komplimentêre tee, koffie, melk en suiker word met aankoms voorsien.

Daar is ’n Eenslaapkamerwoonstel en Luukse Tweeslaapkamerwoonstel met slaapplek vir 2, en ’n Luukse Eenslaapkamerwoonstel met slaapplek vir 4. Die woonstelle het lugversorging, koning- of koningingrootte-beddens en privaat badkamers met storte en baddens. Linne en handdoeke word voorsien.

Gaste het toegang tot die braai-area, swembad wat oor die natuurlike spruit uitkyk, asook die klubhuis. Veilige parkeerplek word voorsien en daar is 24 uur-sekuriteit en geslotekringtelevisie.

Kyalami Creek Luxury Apartments is slegs 1 km vanaf Kyalami Grand Prix Circuit & Internasionale Konvensiesentrum, 4 km vanaf die Necare Waterfal City Hospitaal, die Mall of Africa en die Leeuwkop Gholfklub.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kyalami Creek Luxury Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 018 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za