La Cote d

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Cote d'Azur is 1 van die beste selfsorg-oorde in Suid-Afrika en is aan die noordelike punt van die myl lange Margate-strand geleë. Dié pragtige oord is op 6 verdiepings gebou wat strek teen die Manaba-kant van Margate. Dit bied elke woonstel 'n manjifieke uitsig oor die tuine en oor die strand en sy branders wat breek.

Dié gerieflik gemeubileerde woonstelle is volledig toegerus vir al jou selfsorg-vakansiebehoeftes. Die woonstel word daagliks skoongemaak en linne word 2 keer 'n week omgeruil.

Daar is heelwat geriewe op die perseel, onder meer wasgoeddienste, onderhewig aan 'n fooitjie, internet, dienste, baba-oppasdienste, skoonheidskliniek, koffiewinkel, buitemuurse Jacuzzi, braaigeriewe, biblioteek, sauna en swembad. Lewensredders is aan diens om swemmers te beskerm en daar is 'n getypoel in die rotse gebou langs die kus vir dié wat eerder rustig wil swem.

Die Suidkus is 'n bestemming met 'n tropiese klimaat wat regdeur die jaar besoek kan word. La Cote D'Azur, een van die beste vakansiebestemmings aan die Suidkus, is 'n ideale basis om die meeste van hierdie opwindende vakansiebestemming te maak.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Cote D gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 310 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false