La Gratitude
Kry 35% af vir verblyf wat 20 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Ghwarring-singel 7, Vermont, 7201, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 400R910 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
La Gratitude is 'n knus, troeteldiervriendelike huis in Vermont. La Gratitude is minder as 5 minute se stap vanaf Vermont se pragtige wandelpaadjies langs die see. Daar is 'n park met 'n speelarea vir kinders net om die draai. Dis die perfekte vakansieplek vir 'n gesin met oorgenoeg doendinge om almal besig te hou.
Dié huis het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Die 3 slaapkamers beskik elkeen oor 'n koninggrootte-bed (Posturepedic) en 2 enkelbeddens in die leefarea wat ideaal is vir kinders. 100%-katoenperkallinne word voorsien. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort en nog 'n ander badkamer wat gedeel word. Geriewe sluit oopplan-leeafareas, 'n TV-kamer of sitkamer en 'n binne-braaikamer in. DStv kan teen ’n addisionele koste van R100 per dag gereël word, of gaste kan hul eie dekodeerder saambring om toegang tot DStv te hê.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasplaat, 'n tuimeldroër, 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die kombuis bied toegang tot 'n onderdak-braaikamer en 'n leefkamer. Daar is 'n groot omheimde tuin sodat jou kinders of dierevriende lekker kan speel.
Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig binne agter 'n outomatiese hek en 1 voertuig in die parkeerarea agter 'n hek. La Gratitude beskik oor 'n alarmstelsel en gewapende reaksie van die ADT-sekuriteitsfirma. Skoonmaakdienste is op versoek en teen ekstra kostes beskikbaar. Let asseblief daarop dat La Gratitude selfsorgverblyf bied. Gaste moet ook asseblief hul eie strandhanddoeke saambring. Daar is 6 badhanddoeke beskikbaar. Let asb. daarop dat Vermont ’n rustige dorpie is en klank kan ver gehoor word in hierdie omgewing, so geen harde musiek en partytjies word toegelaat nie.
Daar is tientalle doendinge en besienswaardighede in die omgewing. Gaan stap gerus op Vermont se wandelpaadjies en kyk uit vir walvisse en dolfyne wat in die baai baljaar. Maak 'n draai by Onrus-strand met sy veilige strandmeer waar kinders lekker kan swem. Vaar op die strandmeer in 'n roeiboodjie. Op 'n Saterdag en Sondag kan gaste gerus besoek aflê by die markies, winkeltjies en galerye in die omgewing. Bootvaarte, diepsee-visvang, kajakvaart en hawe-toere kan onderneem word. Gaan haaihokduik by Kleinbaai in Gansbaai of gaan speel gholf by Arabella wat net 10 km weg is. Proe Pinot Noir by die gesogte wynplase in die Hemel-en-Aardevallei.
Slaapplek
’n Bespreking by La Gratitude sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Ghwarring-singel 7, Vermont, 7201, Wes-Kaap
- Gaste dink La Gratitude het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Ghwarring-singel 7, Vermont, 7201, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom