La Mer Unit A

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Mer Unit A is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Margate. Die kompleks is net 50 meter van Margate se hoofstrand af met sy verskeidenheid seisoenale vermaak.

Die woonstel het 3 dubbelkamers en 2 badkamers. Elke badkamer is met 'n bad en 'n stort ingerig. Die eerste 2 slaapkamers beskik elkeen oor 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer se plafonwaaier werk nie, maar daar is plafonwaaiers in die tweede en derde slaapkamers.

Die woonstel het ook 'n volledig toegeruste kombuis en 'n oopplan-sitkamer. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n oond, stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, tuimeldroër en 'n wasmasjien. Die sitkamerarea is met gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met 'n DStv-koppelpunt ingerig (onthou om jou eie dekodeerder, slimkaart en kabels saam te bring). Die woonstel bied ook 'n gasbraai.

Gaste kan ontspan in die tuin of lekker in die swembad afkoel. Daar is heelwat gewilde visvangplekke wat net 'n hanetreetjie van die La Mer-kompleks af geleë is.

Slaapplek

'n Bespreking by La Mer Unit A sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Mer Unit A gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R775 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false