La Paix Brise

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 25 Okt 2019 tot 14 Des 2019.

Beskrywing

La Paix Brise is ’n selfsorg-huis in Gordonsbaai, ’n dorpie wat bekend is vir sy natuurprag. Dit is gewild onder plaaslikes en toeriste as ’n see-vakansiebestemming nie ver van die Moederstad af nie. Dié prentjiemooi dorp is rustig, maar tog lewendig, wat gaste toelaat om te ontspan en weg te breek van die stad se rumoer, maar ook om die vele doendinge in die area te geniet.

Die huis bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer beskik oor ’n koningingrootte-bed en lei na ’n balkon, en die tweede kamer het ook ’n koniningingrootte-bed en lei na ’n stoep. Albei kamers het ’n en suite-badkamer.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 8 en die sitarea het ’n gemaklike sitstel en platskerm-TV. Gratis WiFi word ook voorsien. La Paix Brise het oorgenoeg ruimte vir vermaak, met alle privaatheid wat ’n selfsorg-huis kan bied. Gaste is welkom om wyn van die wynbiblioteek te geniet teen ’n ekstra koste, ’n opsie wat met die gasheer bespreek kan word.

Om Gordonsbaai te verken is maklik, daar is ’n gesinsvriendelike strand slegs ’n kort entjie se ry weg is, en vele besienswaardighede naby wat 2 hawes en verskeie restaurante insluit.

Slaapplek

'n Bespreking by La Paix Brise sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Wynproe
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Paix Brise gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 563 R2 050 per nag (plek vir 4)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 25 Okt 2019 tot 14 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za