La Pergola

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Pergola is hoog teen die berg in Simonstad geleë en bied asemrowende uitsigte oor Valsbaai en die historiese vloothawe. Die instansie is net 'n klein entjie vanaf die oulike winkels en restaurante in die dorp en 'n paar minute se ry vanaf die pikkewyne by Boulders Beach.

Die woonstel beslaan die hele onderste verdieping van die huis en gaste sal eksklusiewe gebruik van dié area, die swembad en die tuin hê gedurende hul verblyf. Daar is 'n aparte ingang en 2 stelle trappe vanaf die straat na die woonstel.

Die luukse, sonnige selfsorgwoonstel front noord en is gemeubileer volgens neutrale kleurskakerings en met natuurlike katoen, linne en sy.

Die slaapkamer het ondervloerse verhitting en bied 'n ekstra lang koninggrootte-bed met Egiptiese katoenlinne (400-draadtelling) en donsveer-duvets en kussings. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet, verhitte handdoekreling en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus, die leefarea het 'n kaggel en ondervloerse verhitting en daar is 'n eetarea. Die 43" slim-TV het DStv-premium en daar is vinnige, onbeperkte WiFi regoor die perseel.

Die woonstel word 3 keer per week skoongemaak en 'n wasgoeddiens is 'n opsionele ekstra,

Met aankoms voorsien ons tee, koffie, melk, muesli, botter, brood en konfyt vir die eerste dag. Buite is daar 'n Mediterreense tuin, swembad en pergola met 'n braai-area.

Dit is ideaal vir 'n wegbreek of vir 'n paartjie wat smag na 'n stil, romantiese blaaskans, rustig langs die swembad. Besoekers wat die omgewing wil verken sal ook lekker hier bly.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Pergola gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 550 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za