La Provence Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Provence Guest House bestaan uit 2 huise, La Provence (Hoof Gastehuis) en La Maison, 'n huis wat ekstra gaste gaste kan inneem. Die gastehuis is in die industriële dorp, Sasolburg, geleë en bied gerieflike verblyf in 'n lowerryke, groen tuin. La Provence is een van die eerste huise wat in Sasolburg gebou is en is aanvanklik deur 'n plaaslike juwelier besit.

Die nuwe eienaar Hantie Saayman het La Provence oorgeneem van vorige eienaars Louis en Diaan Botha wat die instansie so sorgvuldig opgeknap het om sy eertydse glorie te herstel en die tuine in 'n voëlkykhemel te omskep. La Provence sal volhou om aan gaste 'n besonderse ervaring te verleen.

Ons is naby meeste van Sasolburg se vernaamste ondernemings en besienswaardighede en is dus ideaal geleë vir sakereisigers én vakansiegangers.

Akkommodasie bestaan uit 8 smaakvol versierde slaapkamers wat elk 'n en suite-badkamer met 'n stort het. Elke kamer het sy eie ingang en beskik oor geriewe soos 'n TV met DStv-hotelpakket, WiFi, 'n gerieflike lessenaar, verwarming en lugversorging. Daar is ook 'n kombuisie wat toegerus is met tee- en koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolf en 'n yskassie. Die kamers word skoongemaak en gaste het toegang tot braaigeriewe en veilige parkeerplek. Ontbyt is ingesluit en kospakkies en aandete kan voorsien word indien dit vooraf gereël word.

La Maison gastehuis skuil in 'n boomryke doodloopstraat in 'n lieflike buurt. In die herfstyd beklemtoon 'n oorvloed eikeboomblare in magiese oranje, rooi en geel dié elegante gebou. Die rye en rye pers laventel het sinoniem geword met La Maison en haar suster-eiendomme. Aan die einde van die witklippie-oprit is La Maison parkeerplek waar jou voertuig ook veilig kan wees.

Daar is 11 kamers om van te kies, elk met sy eie veranda waar gaste kan ontspan en die koel somerbriesie of selfs die warm wintersonnetjie kan geniet, terwyl hul die luisterryke Frans-geïnspireerde tuin bewonder. Na 'n dag se harde werk is La Maison 'n ware tuiste vir die sakereisiger. Die lugversorgde kamer spog met 'n koningingrootte-bed en pragtige en suite-badkamer, kombuis-eenheid met toestelle, tweeplaatstoof en oond, yskassie, mikrogolfoond en 'n ketel, asook sekere DStv-kanale

Let daarop dat 2 van La Maison se kamers nie lugversorging het nie, slegs waaiers. Van die kamers het toegang tot 'n klein privaat area.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Provence Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za