Laguna La Crete 104

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laguna La Crete 104 is 'n ruim vakansiewoonstel in Uvongo Beach, Margate. Die woonstel het slaapplek vir 8 gaste.

Die woonstel is op die boonste verdieping, het lieflike strand- en see-uitsigte en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die kamer het 'n kluis vir waardevolle items en lei na 'n balkon. Die ander 2 kamers het elk 'n tripelstapelbed en deel 'n badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die ontbyttoonbank geniet word. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër is beskikbaar. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is teen 'n ekstra fooi beskikbaar.

Die sitkamer het 'n TV met DStv en lei na 'n balkon met 'n gasbraai. Daar mag slegs op die balkon gerook word en nie in die woonstel nie.

Onderdakparkeerplek vir 1 voertuig word voorsien en ekstra parkeerplek vir 'n sleepwaentjie is beskikbaar. Gaste kan van die gemeenskaplike braaigeriewe, -swembad en -tennisbaan gebruik maak. Die kompleks het 24 uur-sekuriteit en toegangbeheerde-ingang.

Die kompleks bied maklike toegang tot Uvongo se strand met sy strandmeer wat deur die waterval gevoed word en haainette. 'n Swembad vir kinders en 'n getypoel is beskikbaar. Gaste kan gaan swem, lyfplankry, branderplankry, snorkel of visvang. Margate bied 'n verskeidenheid restaurante en winkels. Gaste kan ook die bekende Mac Banana of Wild Coast Casino besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 104 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 104 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false