Laguna La Crete 15

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Mei 2019 tot 12 Des 2019.

Beskrywing

Laguna La Crete 15 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Beacon Rocks in Uvongo. Die kompleks is naby Uvongo se swemstrand en ander besienswaardighede in die omgewing.

Die woonstel op die eerste verdieping, het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier. Die tweede badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die oopplan-kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof, skottelgoedwasser en 'n tuimeldroër. Die sitkamer langsaan het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder, -kabels en -slimkaart saambring. Daar is nie Explora-koppelpunte nie.

Die leefarea lei na 'n stoep met gasbraaigeriewe. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, 'n klubhuis, 'n tennisbaan en veilige onderdakparkeerplek.

Die kompleks is 6 km van die Hibiscus Mall, Margate se hoofstrand, Shelly Sentrum en restaurante af, en naby ander geriewe aan die Suidkus.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 15 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 15 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R968 R774 per nag (plek vir 6)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Mei 2019 tot 12 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false