Laguna La Crete 26

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laguna La Crete 26 bied selfsorgverblyf en is in 'n veilige kompleks in Uvongo geleë. Hierdie kompleks kyk uit oor die strand en is 'n kort motorrit vanaf verskeie doendinge en besienswaardighede in die Margate-omgewing.

Dié woonstel is op die eerste verdieping geleë en spog met 'n 270°-uitsig oor die strand en strandmeer, en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die hoofslaapkamer en die en suite-badkamer het albei 'n see-uitsig. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens en deel die gebruik van die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede kamer het 'n see-uitsig.

Die kombuis, sitkamer en eetkamer het 'n ongelooflike see-uitsig. Die oopplan-kombuis het 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser. Die leefarea langsaan het 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 mense en 'n sitkamer wat toegang bied tot die balkon met braaigeriewe en 'n see-uitsig. Die kompleks het 24 uur-sekuriteit met 'n sekuriteitshek, onderdakparkeerplek, swembad, tennis baan en gemeenskaplike braaigeriewe.

Uvongo-strand is veilig vir swem en het haainette en lewensredders aan diens. Die strand het 'n lieflike strandmeer met 'n prentjiemooi waterval. Kano's en roeibote kan by die strandmeer gehuur word.

Die kompleks is ook ideaal geleë sowat 4 tot 5 km vanaf Margate se hoofstrand, restaurante en die Hibiscus Mall. Die Suidkus het verskeie doendinge soos swem, branderplankry, branderry, draf, bergfietsry, duik, visvang, gholfspeel of net eenvoudig ontspan in die son.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 26 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 26 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R960 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false