Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Laguna La Crete 38

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Ettienne Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 38

Jaar gelys 7

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 12 resensies vir Laguna La Crete 38
Netheid
4.3/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.4/5
Hantie G - Nov 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Hantie G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik, rustig.

Goeie uitsig oor see en strand, rustig en lekker gebly.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Esmeralda K - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
1/5
Esmeralda K
Gesin met klein kinders

Bedrieglik en glad nie wat geadverteer is nie.

Dit was die aakligste vakansie-ervaring wat ons as gesin nog ooit gehad het. Die eienaar het net oor die R3000 per nag gevra en volgens die foto's was dit 'n pragtige plek. Dit was egter totale valse bemarking en nie die geld werd nie. Die woonstel was verskriklik vuil en vol stof. Die eenheid word geadverteer as 'n woonstel vir 6 mense. Daar was egter net glase, messe, vurke en pierings vir 5 mense. Slegs 3 groot koffiebekers. Die vrieskas het 3 dae geneem om ons vleis te vries. Ons het slegs een lap gekry om die woonstel mee skoon te maak. Daar was nie eers 'n vadoek nie. Op aanvraag is daar vir ons een vadoek en nog een lap in die kluis gelaat. Een van die eetkamer se stoele was gebreek en ons kon dit nie gebruik nie. Beddegoed was nie vars nie. Die enkelbedmatrasse en matrasoortreksels het lelike, geel kolle op gehad wat soos piepiekolle gelyk het. Al drie die slaapkamers se gordyne het van die relings afgehang, was verskriklik vuil en die hoofslaapkamer s'n was geskeur. Kaste was taai en hare het aan dit vasgeklou. Een van die hoofslaapkamer se kasdeure se skarnier was gebreek en het dus los gehang. Badkamers was haglik vuil. Albei die droograkke vir klere was stukkend en ons kon nie ons handdoeke ophang nie. Gaste mag nie hul nat klere en handdoeke, wat onvermydelik is by die see, oor die balkon se relings ophang nie dus het ons uit droë handdoeke en swemklere gehardloop. Die skuifdeure het verskriklik gesukkel om oop te maak. Selfs nadat ons vir die eienaar foto's gestuur het, het hy vir ons gesê dit is ons subjektiewe opinie dat die woonstel vuil en verwaarloos is en dat ons klagtes beuselagtig is. Volgens hom was al sy vorige gaste uiters gelukkig en dus was dit slegs ons impressie van die woonstel en nie die waarheid nie. Hy het ook genoem dat sy woonstel as 'n 3-ster gegradeer is en dit as 'n verskoning voorgehou. Ons het 'n paar dae voor ons aankoms vrae oor die woonstel gehad. Ons is in kontak met die eienaar gesit. Tydens ons telefoniese gesprek het hy my vir 'n deposito gevra wat glad nie op die webtuiste geadverteer was nie. Nodeloos om te sê het ek sy versoek geweier want dit is nie wat geadverteer was nie. Daarna het hy my gevra om die tweede betaling direk aan hom te betaal. Ons het snuf in die neus begin kry a.g.v. sy geldelike versoeke. Ons het dus gevra of ons met aankoms die uitstaande bedrag kon betaal maar dit was ongelukkig nie toelaatbaar nie. Ons vermoede is met aankoms bevestig. Ons het versoek dat die eienaar ons ten minste 'n R1000 per nag vergoed want die woonstel is hoegenaamd nie wat geadverteer is nie. Ons sou dit nie betaal het as ons geweet het in watter toestand die plek is nie. Hy weier steeds. Die eienaar het in 'n e-pos insinueer dat ons skelm was en met 'n plan gewerk het om geld uit hom uit te maak. Hy het vir ons een gratis aand aangebied. Ons kon nie eers die volle week uithou nie en het twee dae voor die tyd uitgetrek. Waarom op dees aarde sou ons nog 'n nag wou hê? Hy het skoonmakers en 'n nutsman aangebied om die huis nog 'n keer skoon te maak, nodige herstelwerk te doen en items aan te koop wat in die woonstel moes wees, maar nie was nie. Ons het op die 23ste Desember arriveer vir verblyf tot die 30ste. Teen Woensdag, die 28ste, het ons steeds nie al die items gehad nie. Op die 27ste laat weet hy sy nutsman is eers Donderdagmiddag, die 29ste, beskikbaar - 'n dag voor ons uittrek. Op hierdie punt het ons genoeg gehad en die 28ste al die eenheid verlaat. Dus het ons R6000 verloor. Nadat ek vir hom gesê het ek gaan my na sosiale media wend en 'n resensie plaas waarin ek my misnoë deel het hy my gedreig dat dit crimen injuria is. Ons is met R430 'n nag vergoed vir ons slegte ervaring, maar die eienaar hou voet by stuk dat ons onsself verbeel. Ek het hom uitgedaag om ons foto's met sy foto's wat hy op die internet adverteer is te vervang as daar dan niks met die woonstel verkeerd is nie. Natuurlik het hy dit nie gedoen nie. Ek sal mense baie sterk aanraai om nie gebruik te maak van die wooonstel nie, tensy hul tevrede is met 'n gemors en hul geld in die water wil gooi nie - ten minste nie teen R3000 'n nag nie. Webtuiste se span was egter baie behulpsaam en professioneel en het dadelik ingespring om ons te probeer help. Vir webtuiste self sal ek sterk aanbeveel.

  Nuttig  (2)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Laguna La Crete 38 se terugvoer

Esmeralda het twee klagtes : naamlik (a) bedrieglike bemarkingsmateriaal ; en (b) n woonstel wat dan nou baie ( ! ) vuil en verwaarloos sou wees. Sy het binne ure nadat my skoonmaakster hierdie woonstel skoongemaak het, n lys van 20 klagtes saamgestel en het sommer onmiddelik volle terugbetaling van huurgeld, alternatiewelik gedeeltelike terugbetaling van huurgeld, ge-eis.

Tov die bemarking : Esmeralda se verdoemende resensie is die 11de resensie wat op hierdie webtuiste verskyn, kronologies gesproke. Die 10 resensies voor haar resensie gee Laguna La Crete no 38 n ongelooflike gemiddelde punt van 4.8 uit n moontlike 5 punte ( ! ) Nie een van hierdie 10 resensies het hoegenaamd enige probleem gehad met die bemarking wat dan nou so misleidend sou wees, soos wat Esmeralda beweer het. Daar is inderdaad nie n enkele sin in die advertensie materiaal wat misleidend is. Daar is ook nie n enkele foto wat nie die binnekant, of die uitsig, of die omgewing van Laguna La Crete no 38 akkuraat uitbeeld. (Natuurlik sal die kleurskema in die woonstel se kamers verander soos wat ander linne gebruik word. En hierdie woonstel is ook gedurende November 2022 weer heeltemal spierwit uitgeverf. )

Tov die “ vuil ” woonstel : Esmeralda se resensie val vreemd op as mens dit saamlees met daardie 10 resensies van gaste voor haar. Twee van hierdie 10 resensies is gegee is tov daardie belangrike 9 dae periode onmiddelik voor Esmeralda se aankoms ( d.i. 14 tot 23 Desember ) Daardie twee resensies gee hierdie woonstel onderskeidelik n punt van 5 en n punt van 4.8 - dws. volpunte en amper volpunte ( ! ) . Dit is uiters insiggewend dat daardie twee resensies hierdie woonstel 4/5 en 5/5 onderskeidelik gegee het vir die kategorie : Netheid.

Dan verskyn daardie twee resensies wat gegee was gedurende Oktober 2022 en gedurende Augustus 2022. Hulle gee hierdie woonstel onderskeidelik 4.8 en 4.6 punte uit n moontlike 5 punte.

Die laagste punt wat enige een van daardie 10 resensies gegee het tov netheid was 4/5.

Tov die “ verwaarloosde “ woonstel : Twee maande voor Esmeralda se besoek is hierdie woonstel as n drie ster woonstel gegradeer deur n professionele, hoogs ervare gradeerder verbonde aan SA Toerisme se Graderingsraad.

Mens het dus aan die een kant Esmeralda en haar man se weergawe maar aan die ander kant, is daar die weergawes van die SA Toerisme Graderingsraad se professionele gradeerder, my KZN agent, haar skoonmaakster, en verskeie vorige gaste.
Esmeralda se lys van 20 klagtes was dus van die begin af erg problematies. Met respek gese, baie min van daardie 20 items was so gewigtig dat dit nie onmiddelik opgelos kon word met n dieper skoonmaaksessie en/of met n paar onmiddelike aankope deur my Kzn agent ( bv. n sker ; 3 vadoeke ; ekstra skoonmaaklappe ). Nie een van daardie 20 items sou die redelike besoeker se vakansie sommer so summier verongeluk.

My reaksie op Esmeralda se lys van 20 klagtes was as volg : (a) ek het onmiddelik gereageer ( nogal op Ou Kersaand ) en gereel dat my KZN agent daar in Uvongo vir Esmeralda so gou moontlik persoonlik ontmoet om hierdie 20 klagtes op haar lys aan te spreek (b) Ek het verder vir Esmeralda 3 komplimentere skoonmaaksessies aangebied - dws. n skoonmaaksessie elke tweede dag (c) Ek het Esmeralda Vrydagaand ( 30/12/2022 ) komplimenter aangebied. (d) Ek het Esmeralda ook n verdere twee aande ( Sat 31/12 en Son 1/1 ) aangebied teen 2/3 van relevante tarief.

Wat my uiters vreemd opgeval het, was die feit dat nog Esmeralda, nog haar man, my daaropvolgende Whatsapp boodskappe en selfoonoproepe beantwoord het ( waarmee ek terugvoering wou bekom tov bovermelde ontmoeting tussen Esmeralda en my KZN agent ). Volgens my KZN agent was dit n goeie gesprek waartydens verstommend min items ge-identifiseer was as regtig problematies en wat dan onmiddelik aangespreek moes word.

Twee ander uiters vreemde aspekte :

( 1 ) Esmeralda het geweier om die terugbetaalbare breekskade deposito van R 1000.00 te betaal. Sy het haar beroep op die letter van die kontrak, soos weergegee op die webtuiste. Maar breekskade depositos is n goed gevestigde gebruik in die verhuringsmark en gaste toon daarmee hul goeie trou en bevestig daarmee hul voorneme om die woonstel op te pas.

( 2 ) Desnieteenstaande die feit dat Esmeralda haar so graag op die letter van kontrak beroep het mbt die betaling van n breekskade deposito hierbo, moes die personeel van hierdie webtuiste vir Esmeralda op 20/12/2022 aanmaan om n materiele term van die kontrak na te kom, naamlik om die uitstaande balans onmiddelik te betaal aangesien dit alreeds op 16/12/2022 betaalbaar was. Esmeralda vra toe dat ek instem dat hulle die uitstaande balans van 50% eers op 26/12/2022 kan betaal - dws nadat die eerste helfte van verblyf periode alreeds verstryk het ( ! ) Die versoek was totaal ongehoord en geen ervare eienaar sal so n versoek toestaan aangesien dit die eienaar hopelooslik blootstel aan moontlike wanbetaling op n stadium wanneer dit baie moeilik sou wees vir die eienaar om n plaasvervangende bespreking te bekom. Ek het gevolglik haar vreemde versoek geweier. Ten spyte van voormelde aanmaning, betaal Esmeralda toe 7 dae laat. n Eienaar wat net so gesteld soos Esmeralda op die letter van die kontrak is, sou die kontrak kanselleer ogv kontrakbreuk en sou die 50% deposito verbeurd kon verklaar. Ek het dit klaarblyklik nie gedoen nie.

Esmeralda het terugbetaling van R 7000.00 ge-eis ogv haar lys van 20 klagtes en sy het my verskeie maal skriftelik gedreig met n swartsmeer aksie in die sosiale media as ek nie aan haar eis voldoen nie.

Laguna La Crete 38
Vera P - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Vera P

We had a wonderful and relaxing stay in December 2022. Although we had 2 overcast days, it was very relaxing to just sit on the balcony and take in the view.

The unit was neat, spacious and very comfortable and equipped with everything you need. It is perfectly situated with the most stunning view of the ocean and the beach. We wanted to bring a 7th person, and the owner was very friendly and accommodating in allowing us to do so. We will definately be staying there again soon.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Tanya D - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tanya D
Gesin met klein kinders

The visit was lovely. The unit needs some maintenance and maybe a bit of an upgrade.

Overall the unit was clean. Well placed and definitely well-priced. The unit needs some maintenance. The bedding was extremely old. All was clean. But the cupboards need to be aired out regularly as the smell is stale, unfortunately. Lovely unit though and good value for a family with kids etc.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Philip S - Okt 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Philip S
Gesin met klein kinders

Fantasties.

Baie lekker gebly, bietjie ver van die braaigeriewe, maar verder baie lekker.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Zandri M - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Zandri M

Beautiful uitsig, langs die see.

Ons het vreeslik lekker gebly, plekkie is goed toe gerus, al. Wat gekort het was 'n braaitang. Sal definitief die plekkie voorstel. Dankie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Natasha S - Jan 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Natasha S
Gesin met klein kinders

Marvelous.

Safe and clean complex. Place was very clean and neat.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
James J - Okt 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
James J
Gesin met klein kinders

Die uitsig is die beste oor die strand.

Baie lekker woonstel alles wat mens nodig het. Beste strand in KZN

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Aldu D - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Aldu D
Gesin met klein kinders

Dit was heerlik om daar vakansie te hou.

Baie dankie vir 'n ongelooflike lekker vakansie. Die huisie is toegerus met alles wat mens benodig en daar is oorgenoeg spasie vir 6 mense. Die uitsig is pragtig. Die sekuriteit laat mens gerus voel. Die diens was ook altyd vriendellik en mens het vinnig terugvoering ontvang. Ons sal beslis weer terugkom.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Mariet M - Sep 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Mariet M
Gesin met klein kinders

'n Ruim woonstel waarin 'n mens gerieflik bly en 'n pragtige uitsig oor die strand het.

Van die eetgerei is baie oud en die messe stomp. Sal ook graag 'n skoonmaakdiens wou inhuur. 'n Mens wil juis wegkom van alledaagse pligte en net ontspan - net om agter te kom dat al die pligte van huis aan die kant maak jou agtervolg het.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Marietta O - Aug 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marietta O
Gesin met klein kinders

Die mees ontspannende uitsig.

Sjoe wat 'n fantastiese plekke. Reg op die strand van Uvongo met die mooiste uitsig wat ek nog gesien het. Groot ruim vertrekke, skoon netjies met alles wat jy benodig, van badhanddoeke tot swartsakke, skottelgoed seep tot stryk yster. Die lieflikste swembad vir die kinders met netjiese skoon braai geriewe. Ek sal hierdie plekkie aanbeveel met soveel gemoedsrus. Ek het nou my vakansie huisie by die see gekry, sal bly terug gaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Johan D - Apr 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan D

Dit was fantasties, asemrowend!

Baie dankie, 'n kort vakansie, dis die mooiste en beste plek om te wees, skoon, netjies en sonsopkoms.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Laguna La Crete 38 se terugvoer

Hallo Malinda,

Baie dankie dat jy tyd aggesyaan het vir terugvoer. Dis wonderlik om sulke terugvoer te ontvang. Hoop ons sien julle weer daar of by Ramsgate 70 in die naby toekoms.

Vriendelike Groete,
Ettienne

Laguna La Crete 38
Vanaf
R900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Selvy-laan 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNiMDY2MWEzLTJhNjEtNDZhYi1hY2QxLTE3YzY1ZTczZGQwMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 6) 12 5 1 5 2 Selvy Avenue Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -30.837453 30.394527
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem