Laguna La Crete Unit G

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laguna La Crete Unit G is 'n selfsorgwoonstel in 'n sekuriteitskompleks in Margate. Dis ideaal vir gaste wat gerieflike verblyf soek naby die strand en verskeie besienswaardighede aan die Suidkus.

Die woonstel op die onderste verdieping is smaakvol ingerig en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Die slaapkamers het plafonwaaiers, 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en en suite-badkamers met 'n bad of stort, wasbak en toilet. Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, oond met 'n stoof, mikrogolfoond en oorgenoeg ingeboude kaste.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV, DVD-speler en sekere DStv-kanale. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe en daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig op die perseel.

Laguna La Crete Unit G is stapafstand van die strand af en 'n entjie se ry van verskeie winkels, restaurante en ander geriewe af.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete Unit G sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete Unit G gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R775 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za