Lake Grappa Guest Farm & Ski School

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lake Grappa Guest Farm voorsien rus vir die liggaam en gees in 'n stukkie ongerepte paradys. Hierdie gasteplaas skuil in die hartjie van die Groen Kalahari en word omring deur wingerd wat tafeldruiwe oplewer.

Daar is verskillende verblyf-opsies by hierdie gasteplaas: 1 van 4 selfsorg-chalets, 1 van 4 B&B-kamers en ons 3 nuwe luukse tente. Al die selfsorg-chalets het lugversorging en kombuisies wat toegerus is met yskas-vrieskaste, stowe, mikrogolfoonde, ketels en broodroosters. Gaste kan heerlik ontspan in die sitkamers of binnebraai-area. Elke chalet het 'n badkamer met 'n stort, handdoeke en toiletware. Die eenslaapkamer-chalets is ingerig met koningingrootte-beddens en die tweeslaapkamer-chalets het elk 'n koningingrootte- en 2 enkelbeddens. Gaste kan hul etes in die funksiekamer nuttig of braaipakke aanskaf by ontvangs. Slaaie en ander bykosse kan ook gereël word.

Die B&B-kamers het uitsigte oor die meer en is ingerig met koningingrootte- of enkelbeddens. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, handdoeke en toiletware. Elke kamer het ook lugversorging en 'n TV met DStv. Twee van die kamers skakel met mekaar, en al die kamers het uitgange na die stoep. Ontbyt word in die klubhuis bedien.

Ons luukse tente bied die mees ongelooflike sonsondergange. Elke tent het 'n dubbelbed en 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, handdoeke en toiletware. Elke tent het verder lugversorging, 'n yskas, ketel en koffie- en teemaakgeriewe. Daar is ook kampstaanplekke.

Gaste kan rustig ontspan met 'n skemerkelkie in die kroeg na 'n lang dag. Etes word daagliks bedien en pizza is beskikbaar op Woensdae- en Vrydae-aande. Daar is ook 'n lieflike bymekaarkomplek wat uitkyk oor die Grappa Meer - die ideale plek vir troues en konferensies. Die restaurant is daagliks oop vanaf 07:30 en die kombuis sluit normaalweg 21:00. 'n Klein speelterrein is beskikbaar vir kinders.

Gaste kan leer hoe om te slalom-ski, of die ontsagwekkende Augrabies Waterval besoek wat net 20 km van die gasteplaas af is. Ander doendinge sluit die volgende in: staproetes en visvang langs die Oranjerivier, kanovaarte, wildritte, 4x4-roetes, bergfietsry en voëlkyk. Gaste kan ook hul eie uitvoergehalte-tafeldruiwe pluk of op die stoep ontspan met 'n glasie wyn in die hand terwyl hul hulself in die natuurskoon verlustig.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lake Grappa Guest Farm & Ski School gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R460 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false