Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lakeview Villa

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Soutpansingel 9, Vermont, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
  • Vanaf R4 660 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Lakeview Villa is 'n kunstige en moderne huis met 'n Balinese styl en tikkies Boheemse dekor en afwerkings. Die ruim en privaat huis bied 'n uitsig oor Vermont se soutpan met die pragtige Onrusberge in die agtergrond en dit skep 'n rustige atmosfeer.

Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 8 gaste en is ideaal vir 'n groot groep. Die huis het 'n leefarea met 'n hoë plafon, 'n kaggel, sitarea en 'n etenstafel met sitplek vir 6. Die leefarea lei na die groot oopplan-kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër in die aparte opwaskamer. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die slaapkamer op die grondverdieping bied direkte toegang tot die tuin en dit het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n groot stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 3 en suite-slaapkamers op die eerste verdieping. Die hoofslaapkamer bied 'n uitsig oor die meer en dit het 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en sy eie sitarea, kombuisie en biblioteek. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n klein balkon met 'n uitsig oor die soutpan. Die tweede en derde slaapkamer is bo en elkeen het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Daar is 'n groot werksarea tussen die 2 vleuels en gaste kan rustig daar werk en die ryk voëllewe en lieflike uitsigte aanskou.

Die leefarea lei na 'n privaat binnehof aan die een kant en 'n onderdakbraai-area aan die meer se kant. Dit word omring deur 'n pragtige tuin en terras. Die binnehof het verskeie stoele en 'n pragtige mosaïek-sitarea onder lowerryke bome wat lekker beskutting bied. Daar is ook bordspeletjies vir kinders en 'n geoutomatiseerde sprinkelbesproeiingstelsel in die tuin.

Die villa het 'n alarmstelsel en daar is oorgenoeg parkeerplek in die dubbelmotorhuis en voor dit. Die eiendom is net 'n entjie se ry vanaf plaaslike winkels en die kuspaadjies.

Slaapplek

’n Bespreking by Lakeview Villa sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Klein kombuis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Ligging

  • Soutpansingel 9, Vermont, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 660
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R4 660
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Soutpansingel 9, Vermont, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6d5f96bd36eaade80ed355cb0ce407e1cb8eba05e61b50f4919b76a0ac62bafefcc1843730b401903533c2deb5e2538f8571?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 660 per nag (plek vir 8) 9 Soutpan Close Vermont 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.4123185 19.1609111