Breederiviervallei Akkommodasie by Langverwacht Farm House | LekkeSlaap
+25

Langverwacht Farm House

4 resensies
Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Langverwacht Farm House, Langs die R317, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 800 R1 440 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Langverwacht Farm House is 'n moderne plaashuis net 10 km vanaf Bonnievale. Daar is slaapplek vir 8 gaste en dis die perfekte plek vir 'n familie of groep vriende.

Dié plaashuis is gerieflik ingerig en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer wat gedeel word. Die badkamer het 'n bad en 'n stort. Kamer 1 het 'n dubbelbed en kamer 2 het 'n dubbelbed en 'n slaapbank.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n oond en 'n stoof, 'n mikrogolfoond, 'n yskas en 'n eetkamertafel. Die leefarea beskik oor 'n knus kaggel en bied toegang tot 'n stoep met uitsigte oor die wingerde en die perde. 'n Speelarea vir die jongspan is ook beskikbaar.

In die somer kan jy in die sementdam swem wat naby die huis is en onhein is vir veiligheid. Let asb. daarop dat dit nie 'n swembad is nie, maar 'n sementdam. Die perseel se grens is sowat 300 m vanaf die huis met 'n riviertjie waar die kinders kan speel.

Langverwacht Farm House word omring deur staproetes, bergpaadjies en wingerde, en is op 'n gewilde wynroete geleë. Bonnievale het tientalle kelders en wynplase en gaste kan selfs besoek aflê by die alombekende Klipdrift-brandewynhuis.

Slaapplek

’n Bespreking by Langverwacht Farm House sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 4 resensies vir Langverwacht Farm House
Netheid
4.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Langverwacht Farm House, Langs die R317, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
  • Gaste dink Langverwacht Farm House het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Breederiviervallei Wes-Kaap
was R1 800
Vanaf R1 440
per nag (plek vir 8)
was R1 800
Vanaf R1 440
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Langverwacht Farm House, Langs die R317, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg4OWEzNTNkLWU4MzEtNGY2My05YmFlLWY0ZjAxZjE1ZDEwOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 800, nou Vanaf R1 440  per nag (plek vir 8) 4 5 1 5 Farm Langverwacht Off the R317 6730 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 12:00 -33.957552890802 20.01796156168
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za