Leeuberg Lodge
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 23 Mei 2024 tot 28 Jun 2024.
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buitensingel 2, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
-
Vanaf
R6 000R4 500 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Leeuberg Lodge bied selfsorgvakansieverblyf op die boonste verdieping van die eienaar se huis in die hartjie van 'n pragtige woonbuurt in Bonnievale. Die huis spog met 'n uitsig oor die vallei en is om die draai van die gholf- en rolbalbaan geleë wat dit 'n wonderlike opsie maak vir gaste wt uit die stadsgedruis wil ontsnap.
Die eenheid bied gerieflike slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste 2 slaapkamers het elk 'n dubbelbed. Elkeen van hierdie slaapkamers het ook 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, onderskeidelik. Die derde slaapkamer het ook 'n dubbelbed, terwyl die vierde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die derde badkamer het 'n bad en stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n tweeplaatstoof en oondjie, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die leefarea het ook 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n klein houtdek met 'n uitsig oor die tuin. Dis 'n wonderlike plek vir 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie in die aand. Braaigeriewe is ook beskikbaar en die bestuurder sal verseker dat gaste braaihout het.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Chantel Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 17
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Buitensingel 2, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Bonnievale Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Buitensingel 2, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap