Leeuwkuil

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Leeuwkuil bied verblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende in Potchefstroom en is naby verskeie doendinge en besienswaardighede.

Die huis beskik oor 5 slaapkamers wat slaapplek aan 16 gaste bied. Elke slaapkamer het 'n enkelbed en 'n stapelbed. Daar is aparte, gemeenskaplike ablusiegeriewe vir mans en vroue wat elk verskeie warmwaterstorte en aparte toilette het.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ingeboude braai, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Dit het ook 'n ruim eetarea met 'n etenstafel en oorgenoeg sitplek.

Daar is 'n aparte kuierkamer wat vroeër 'n melkstal was. Dié kamer het 'n pooltafel, veerpyltjiebord, kroegarea en 'n badkamer.

Daar is 'n buiteboma waar gaste rondom die vuur onder die sterre kan kuier.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.

Leeuwkuil is op 'n wildsplaas met verskeie bokspesies en bied oorgenoeg plek om te stap, fiets te ry en te verken.

Besienswaardighede in die area sluit verskeie spanbou-aktiwiteite, Mampoer-proe by Schoemanati, die Vensterskroon Inn se restaurant, 4x4-roetes en hengel by die Vaalrivier in. Die bekoorlike kunstenaarsdorpie, Parys, is net 40 km ver.

Slaapplek

'n Bespreking by Leeuwkuil sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Leeuwkuil gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 16)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za