Leipzig Country House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Leipzig Country House is in die Nuy-vallei aan die beginpunt van Roete 62 geleë. Vergeet van jou padkaart en verdwyn onder die radar deur te reis na dié unieke versteekte juweel waar jy kan ontspan in die stilte van die natuur.

Ons kamers word omring deur wingerde, berge en beeldskone tuine vir gaste op soek na 'n skilderagtige blaaskans ver van die stadsrumoer. Ons het ook eenvoudige luukshede om jou verblyf uiters gerieflik te maak. Leipzig bied 17 luukse dubbelkamers met en suite-badkamer, elkeen met 'n lessenaar, lugversorging, verwarming, stoele en goeie internet toegang deur WiFi. Vir gaste wat op soek is na 'n plattelandse kuier waar hulle steeds vir hulself kan sorg, is daar 'n selfsorg-eenheid met 3 dubbelkamers, 3 badkamers, 'n leefarea en 'n kombuis. Die huis bied slaapplek vir tot 8 gaste.

Suid-Afrikaanse resepte wat van geslag tot geslag oorgedra is, is die inspirasie vir ons heerlike maaltye en dit word voorberei met net die varsste produkte uit die vrugbare vallei en omgewing. Skep nuwe herinneringe, proe ons boetiekwyne of geniet ons handgemaakte fynkos wat met liefde en sorg oor 'n lang tydperk voorberei is.

Indien jy op soek is na 'n nuwe avontuur, is Leipzig die plek om te wees! Met bergfietstry, wynproe, trekker-ritte in die wingerde, swem in dei swembad, stap in die vel of besoek die geheime skilpadtuin.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Leipzig Country House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 518 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za