Lengau Lodge
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erf 110, Grietjie Privaat Natuurreservaat, Balule Natuurreservaat, Groter Krugerwildtuin, Phalaborwa, 1389, Limpopo
- Vanaf R4 158 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Lengau Lodge bied gerieflike verblyf in 'n klein, intieme lodge in die Grietjie Privaat Natuurreservaat in Phalaborwa. Dié reservaat vorm deel van die Balule Natuurreservaat in die Groter Krugerwildtuin en al die diere wei vrylik tussen dié reservate. Grietjie Privaat Natuurreservaat is vir die Groot 5 en 'n verskeidenheid ander diere en voëls bekend. Die lodge se perseel het nie 'n heining nie so al die diere kan die lodge vrylik besoek.
Verblyf is in 3 rondawels en 'n gesinskamer beskikbaar. Dié eenhede is privaat, maar toegang word via die hooflodge verkry. Elke eenheid het 'n stoep met 'n uitsig oor die bos en die watergat.
Verder het elke eenheid ook lugversorging, 'n ekstra lang koninggrootte-bed met 'n muskietnet, 'n aparte toilet en 'n badkamer met 'n stort en 'n buitestort met 'n uitsig. Die gesinskamer het 'n groot solderarea met 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n muskietnet. Tee-en koffiemaakgeriewe, haardroërs, USB-koppelpunte en sitareas is ook beskikbaar.
Daar is 'n swembad, sondek, groot stoep met skaduwee en 'n uitkykdek op die eerste verdieping van die hooflodge. Gaste kan heerlike etes in die restaurant geniet, op die stoep naby die swembad ontspan, of langs die kampvuur kuier en na die geluide van die bos luister. Verskillende diere besoek byna daagliks die lodge, of hulle stap, drink of bad by die watergat.
Daaglikse wildritte is beskikbaar en gaste kan verskeie besienswaardighede op hulle eie of op 'n gereëlde uitstappie besoek. Laatmiddag kan gaste die Olifantsrivier se oewer besoek en 'n skemerkelkie geniet.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Loek Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 4
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Erf 110, Grietjie Privaat Natuurreservaat, Balule Natuurreservaat, Groter Krugerwildtuin, Phalaborwa, 1389, Limpopo
- Gaste dink Lengau Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Phalaborwa Laeveld Limpopo
- Kapasiteit: 10 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erf 110, Grietjie Privaat Natuurreservaat, Balule Natuurreservaat, Groter Krugerwildtuin, Phalaborwa, 1389, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang