LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Lierie Huis | LekkeSlaap
+17

Lierie Huis

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nassaustraat 7, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Lierie Huis is 'n lieflike vakansie-eenheid in die kusdorp Strand. Dit skuil aan die voet van die Hottentots Holland-berge en dié prentjiemooi vakansiebestemming het 'n 5 km lange strand, uitsigte oor die Kaapse Skiereiland en 'n verskeidenheid vermaakgeriewe in die Helderberg-area.

Die oopplan-eenheid is op die eienaar se perseel en bied slaapplek aan 3 volwassenes met 1 kind of 2 volwassenes en 2 kinders. (maksimum 4 gaste). Die eenheid het 'n privaat ingang. Daar is 'n dubbelbed, enkelbed in 'n apart slaapkamer, en 'n enkelslaapbank is in die leefarea. Die badkamer het 'n wasbak, stort en 'n toilet.

Die leefarea het 'n binnebraai en lugversorging. Die eenheid het 'n TV met volle DStv pakket, 'n tweeplaatstofie, 'n elektriese braaipan, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe en alle kombuisware. Die kombuis/opwas-area het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n yskas. Parkeerplek is op die erf beskikbaar.

Daar is baie avonture om te ontdek in die area: fietsryroetes, swem, branderplankry, hengel, voëlkyk, gholf, tennis, duik, vlieërplankry en ski - alles in die Helderbergkom. Die Hottentots Holland Natuurreservaat, Somerset Mall, Monkey Town, Waterworld Strand en verskeie wynlandgoedere is ook in die omgewing.

Vir die avontuurlustige is daar die "Elgin Zipline" met 13 zips in die asemrowende berge, net verby Sir Lowrys pas. Geniet die prentjiemooi "Clarence drive" vanaf Gordons baai tot by Hermanus. Besoek Gansbaai & doen "Shark cage diving". Besoek Fairview in die Paarl, alles moontlik binne n dag se ry.

Slaapplek

’n Bespreking by Lierie Huis sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Kinderbank vir 1
Slaapkamer 2
Plek vir 1 persoon
1 xKinderbank vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir Lierie Huis
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Nassaustraat 7, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lierie Huis het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf R650
per nag (plek vir 4)
Vanaf R650
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nassaustraat 7, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe6473a81f3a969bdf0173c8b2a67365210b6367eb42e52ed7a4aec8ada599dc71b2cf8397bc79726d1669f119a219b3d97b9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R650  per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 7 Nassau Street Strand 7140 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.096164432451 18.836430233135
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!