4 gaste
2 slaapkamers
3 beds
1 badkamer
- 4 gaste
- Geen kinders onder 7
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 7 Nassau Street, Strand, 7140, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Lierie Huis is 'n lieflike vakansie-eenheid in die kusdorp Strand. Dit skuil aan die voet van die Hottentots Holland-berge en dié prentjiemooi vakansiebestemming het 'n 5 km lange strand, uitsigte oor die Kaapse Skiereiland en 'n verskeidenheid vermaakgeriewe in die Helderberg-area.
Die oopplan-eenheid is op die eienaar se perseel en bied slaapplek aan 4 gaste waarvan dit 3 volwassenes met 1 kind of 2 volwassenes en 2 kinders kan wees. Kinders moet ouer as 7 jaar wees. Die eenheid het 'n privaat ingang. Daar is 'n dubbelbed en enkelbed in 'n aparte slaapkamer, en 'n enkelslaapbank is in die leef-area. Die badkamer het 'n wasbak, stort en 'n toilet.
Die leef-area het 'n binnebraai en lugversorging. Die eenheid het 'n TV met volle DStv-pakket, 'n tweeplaatgasstofie, 'n elektriese braaipan, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe en alle kombuisware. Die kombuis/opwas-area het 'n skottelgoedwasser en 'n yskas-vrieskas. Daar is parkeerplek op die erf, 'n grasperk waar kinders kan speel en 'n privaat windbeskutte buitebraai met 'n dak. Daar is 'n wasmasjien beskikbaar op die perseel.
Daar is baie avonture om te ontdek in die area: stap- en fietsryroetes, swem, branderplankry, hengel, voëlkyk, gholf, tennis, duik, vlieërplankry, verskeie stap roetes - alles in die Helderbergkom. Die Hottentots Holland Natuurreservaat, Somerset Mall, Monkey Town, Waterworld Strand en verskeie wynlandgoedere soos Vergelegen, Lourensford, Idiom en Waterkloof is almal binne 10 minute se ry en beslis n besoek werd.
Vir die avontuurlustige is daar die "Elgin Zipline" met 13 zips in die asemrowende berge, net verby Sir Lowrys pas. Geniet die prentjiemooi "Clarence drive" vanaf Gordons baai tot by Hermanus. Besoek Gansbaai & doen "Shark cage diving". Besoek Fairview in die Paarl, alles moontlik binne n dag se ry.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Tersia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 21
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 7 Nassau Street, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Lierie Huis het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
7 Nassau Street, Strand, 7140, Wes-Kaap
Sien kaart- 4 gaste
- Geen kinders onder 7
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang