LifeHouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

LifeHouse bied luukse, dog bekostigbare, selfsorgverblyf in die hartjie van die prentjiemooi kusdorpie Hermanus. Dit is bekoorlike verblyf en 'n goeie basis vanwaar jy die Wes-Kaap kan verken.

Ons is op die oewer van Walkerbaai geleë en Hermanus is bekend as die beste landgebaseerde-walviskykplek in die wêreld. Ons is ook na aan Shark Alley, die tuiste van die witdoodhaai.

Met sy ongeëwenaarde, prentjiemooi prag, moderne infrastruktuur, luukse winkels en eindelose avontuurlustige doendinge, is dit geen wonder dat die dorpie so baie gegroei het in grootte en gewildheid in die laaste dekade nie.

Hermanus het ook lekker strande, bergwandelroetes en die kunsvlytmarkie wat bekend is vir sy kuns. Die dorp het ook 'n hele aantal goeie restaurante en is 'n wynliefhebber se paradys met die nabye wingerde en wynproeplekke. Vir gholfliefhebbers het Hermanus 2 uitstekende gholfbane wat jy kan gebruik.

Die ruim en moderne vakansiehuis is na aan die see, in 'n stil straatjie, en stapafstand van die middedorp en die voetslaanpaadjie af wat al langs die strandfront loop. Dit is ook net 200 m vanaf die see-getypoel bekend as "Frik se Gat".

Tot en met 6 volwassenes kan gerieflik geakkommodeer word in die ruim dubbelverdiepinghuis met 4 en suite-slaapkamers. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelstapelbed vir kinders. Komberse, handdoeke, linne en kussings word voorsien. Daar is ingeboude kaste in elke kamer wat oorgenoeg spasie bied vir klere.

Die geriewe is geskik vir selfsorg en sluit dus 'n volledig toegeruste kombuis en waskamer in. Die groot eet- en 3 sitareas lei na 'n bedekte seefront-balkon wat ingerig is vir alfresco-etes en braaie. Dit kyk uit oor die privaat swembad. Die huis het ook satelliet-TV (Top TV) en 'n DVD-speler vir gaste se kykgenot. Wanneer die weer nie saamspeel nie, kan jy (tydens walvisseisoen) selfs die walvisse in die baai dophou vanuit die huis!

Die perseel is volledig omhein wat 'n veilige omgewing skep vir besoekende gesinne. Die groot dekarea bied lieflike uitsigte oor die dorp, baai en berge.

Die opsigte, wat in die tweede huis op die perseel woon, kan vir ons buitelandse besoekers help met praktiese, plaaslike inligting en leiding om hul verblyf so plesierig en gerieflik moontlik te maak. Hy kan ook help met vervoer-reëlings, skoonmaak en besprekings.

Geriewe sluit in: 'n internet-modem op versoek, veilige parkeerplek, wasgoed- en braaigeriewe, 'n swembad en satelliet-TV (Top TV) en 'n DVD-speler.

Geen troeteldiere word toegelaat nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits
  •  Hongaars

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na LifeHouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za