Lighthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lighthouse is ’n selfsorghuis geleë in Fisherhaven, ’n kusdorpie net 15 km buite die walviskykdorp, Hermanus. Die huis is hoog geleë en het ’n uitsig oor die strandmeer vanaf die balkon.

Dié huis bied slaapplek vir 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers, ’n kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elk ’n dubbelbed, en die derde slaapkamer het ’n stapelbed en enkelbed wat geskik is vir klein kinders. Elke badkamer beskik oor ’n stort. Linne en handdoeke word voorsien.

Die ruim kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het ’n stoof, ’n oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n opwaskamer met ’n wasmasjien en skottelgoedwasser. Die eetarea het sitplek vir 8 mense en die sitarea het ’n gerieflike suite en muurgemonteerde platskerm-TV met volledige DStv.

Braaigeriewe is beskikbaar, asook oorgenoeg veilige parkeerplek op die perseel.

Die gasheer- en vrou woon op die perseel in ’n aparte tuinwoonstel weg van die huis af, en hulle is beskikbaar gedurende gaste se verblyf indien daar enige navrae of probleme is.

Slaapplek

'n Bespreking by Lighthouse sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lighthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 750 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za