Likizo Apartment
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 66 Beach Road, 810 Odeon Towers, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Likizo Apartment bied selfsorgverblyf met 'n pragtige see-uitsig in 'n veilige gebou in Van Ryneveld, Strand. Dit is oorkant die strand en naby ander trekpleisters in die area.
Hierdie woonstel is op die agtste verdieping en bied slaapplek aan 4 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die tweede badkamer het 'n stort.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die kombuis lei na die etenstafel geskik vir 6 gaste en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar. Die leefarea het groot vensters met 'n asemrowende uitsig oor die see en op die berge.
Daar is 'n gemeenskaplike swembad en braai-area op die gebou se tweede verdieping. Veilige parkeerplek in die kompleks is beskikbaar. Die gebou is oorkant Strand se binnehuise swembad en is naby restaurante en winkels in die area.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Veronique Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 66 Beach Road, 810 Odeon Towers, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Likizo Apartment het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 66 Beach Road, 810 Odeon Towers, Strand, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang