LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+31
Selfsorg in Malvern

Lily's Cottage

  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 14 Khorshed Road, Malvern, Queensburgh, Durban, 4093, KwaZulu-Natal Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Lily's Cottage is in Queensburgh geleë, ’n rustige voorstad van Durban, en is ideaal vir diegene wat op soek is na gerieflike verblyf naby geriewe.

Lily’s Cottage beskik oor 2 eenhede wat saam of afsonderlik bespreek kan word. Die 2-slaapkamerwoonstel met slaapplek vir 4 volwassenes, 2 kinders en 1 baba onder 1 jaar het 2 slaapkamers met lugversorging en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, en 'n driekwart-bed. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort, bad en 'n wasbak. Daar is ook 'n aparte toilet en wasbak.

Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, oond, eetgerei, breekware en ingeboude kaste. Daar is 'n instapspens en ontbythoekie langs die kombuis. Verder is daar 'n etenstafel met stoele in die area tussen die sitarea en slaapkamers. Die sitarea het ook 'n TV met sekere DStv-kanale en daar is 'n toegeboude balkon met gemaklike rusbanke en 'n uitsig oor die swembad.

Die ateljeewoonstel met 'n swembad-uitsig is vir 2 volwassenes en 'n baba onder 1 jaar geskik. Dit beskik oor 'n semi-selsorgkombuisie sonder 'n stoof. Die eenheid het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, 'n bababedjie op versoek en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Ander geriewe sluit 'n TV met DStv, WiFi, 'n sitarea met 'n tafeltjie, 'n skootrekenaartafel, lugversorging en 'n privaat stoep in.

Geriewe op die perseel sluit 'n swembad, parkeerplek en braai-area in.

Lily's Cottage is 20 km vanaf Durban se hoofstrande, uShaka Marine World, Moses Mabhida-stadion, Kingspark Rugbystadion, Kingsmead Krieketstadion, hospitale, KZN Universiteit, Durban Botaniese Tuin en rolbalbane. Dit is ook net 2 km vanaf 2 nabygeleë winkelsentrums. Vervoer- en kosafleweringsdienste is in die area beskikbaar Aktiwiteite in die omgewing sluit Bunny Zone, Bean Hunters-koffiewinkel, strandsport, fietsrybaan, voëlkyk, wildkyk, begeleide voetslaanroetes, bergfietsry en tennis in.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Adele W
Besigheidsreis
5.0
Beveel Lily's Cottage beslis aan. Heerlik gebly en sal Lily's Cottage beslis aanbeveel. Netjies en alles wat nodig is, is daar. Het al 'n paar keer by...
Sien meer
Jun 2026
Adele W
Besigheidsreis
5.0
Beveel Lily's Cottage baie beslis aan. Heerlik gebly. Het heerlik gebly en sal beslis weer daar bespreek. Die verblyf is pragtig en gerieflik.
Sep 2025
Chaz J
Gesin met tieners
5.0
Relaxing. Very enjoyable, quiet atmosphere. Friendly staff.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Adele W
Besigheidsreis
5.0
Heerlik gebly. Sal beslis aanbeveel. Gerieflik ingerig met alles wat benodig word.
Aug 2025
Lenny M
4.6
Lily's Cottage is an ideal location. Lily's Cottage is an ideal location if you are having a family gathering in the Chatsworth or surr...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Shannon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 10 jaar

Antwoord gewoonlik binne 30 minute

Ligging

  • 14 Khorshed Road, Malvern, Queensburgh, Durban, 4093, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Lily's Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R900
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R900
per nag, vir 2 mense
Bespreek

14 Khorshed Road, Malvern, Queensburgh, Durban, 4093, KwaZulu-Natal

Sien kaart
  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe1e93a7e128241504694505684439f711e0175f5cd66ba8bd9288ef768f67de12635b0aaacadc209e379a4c7bdbf31a9908e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 26 5 1 5 14 Khorshed Road Malvern, Queensburgh 4093 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.88904564015 30.922882559525

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang